Jongste aktiwiteit:

land van die verlorenes

verlore is jy
van berg tot duin versprei
uit jou eie milieu afgedank
sonder enige dank of stank
uitgedien en afgeslons
op jou eie kotteljons

waarheid maak seer
het jy dan nog nooit geleer
melodrama in nuwe aarde
skep geen gewig of eer
oorbevolk in egte kleur
sal jou nog moet leer

land van hoes
krampagtige saamtrek
om voort te bestaan, oorleef
met tande wat kners en skeur
oorwig en oorlewingsdrang
suurstof net vir enkeling

soveel sand
waai oor ons duine veld
winde van verandering ruis en val
gruisende neerslag van roet en vuur
van verbrande hoop en herinnering
maak ons sielloos en verlore

die wil is daar
veg sal ons moet, oorwin is al
geen neerlaag sal ooit weer deug
die laaste loopgraaf reeds gegrou
ons lewens wat wie sal onthou
as die son nou sak is dit oor

©Teárlach




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed