Andy Paulse
Andy Paulse (49) is gebore op die plaas Kromfontein in die prentjiemooi Koue Bokkeveld. ‘n Natuurkind in murg en been wat na vele omswerwinge teruggekeer het na sy heimat, en nessgeskop het waar hy nog altyd wou wees, en op sy gelukkigste is. Die skryf van stories en gedigte is van kindsbeen af deel van sy mondering. Hy skryf oor sy ervaringe, sy liefdes en passie: Sy mense en diegene na aan sy hart. Andy is getroud met Glenice en hulle het drie pragtige kinders, Anthia, Andrea en Grant asook vier kleinkinders, Jo-nell, Bridgitte, Ameerah en Desnay. Hy is ‘n Produksiebestuurder op een van die ses plase binne die Bokkeveld Partnership waarvan die werkers ‘n 40% aandeelhouding besit. Hy is die Voorsitter van die Bokkeveld Werknemers Trust en dien ook op die Direksie van die Bokkeveld Partnership. In sy vrye tyd skryf hy gedigte en kort stories wat al in verskeie publikasies opgeneem is. “ONS” is egter Andy se debuutdigbundel, iets waarop hy baie trots is. Andy word in 2014 aangewys deur Cordis Trust as digter van die jaar.
Sweepslagtong vannie tier
Anie onnerkant va glip -‘n – gly
bokant oulys se draai langsie pad
hettie datsun sy staan ga kry.
Die grys vannie sinkplaatkap in gydopas
suurgat tenie glimlagblou vannie hemel;
neef hempies se leegmaakstop virrie kinners.
Ketelsak ytspoel virrie klonge
agter’ie bossie sit virrie klimmeire,
‘n moet virre oom mit plaaskwaai in sy stem.
Dis bene rek en spaarasem kollek vorie tier,
dun oumensstem en al’ie vrag mens onner sy sorg
inne skoolantie en oom se hosteljaart ga stop.
Die suur vannie magou het byrie hys gebly;
neef Hempies isse jintelman op sy eie manier
die groen swaarbaadjie sy gewig in goedgoud werd,
mette bybeltong wat bybelwoord sosie
prime vanne dieselpomp innie diepberg ken.
Die tier sta sy man offit is virre dysman of bôjaanjongmyt.
Sy langleerklim het met traanseer gekom;
‘n kleinklong met windhondspoed se tatta nette
woord sonner lyf, plek of wieweet waar.
‘n Deel va sy mens is innie wind gelos.
‘n Exodus ytie bybel yt
Die lewe isse donker doolhof sonner end;
pikswart woorde delf vi antwoorde op vrae,
draf ore tong inne vinnige wêreld wat doofstom is.
Jy maggie doodslattie hette droom geword;
een wat oppie tv mette gun innie hand rondloop,
‘n kind langs sy pa in knettervuur lat sterf.
Die vlamme vannie hel issie al wat knetter’ie.
Vrouvat sonner vra issie inding sonner worry
offit is va ‘n anner man, onner shower of wa ookal
die community hette oogklap aan vore blinne oog.
Die anner een is toe kyk annerpad narie weiveld
warie jong bokkies oppe anner ou se yard in onskuld eet.
Jy maggie steel’ie is big bussines oralste oor;
ytie volk se koffers trekkie lanies fancy suits aan,
groot aeroplanes land oppie voorstoep vanne rainbow
wattie genoeg druppels produce om sy kinners te voed’ie.
Daai water word gespaar omme brand te blus
inne kingdom warie keiser het wat hommie toekom’ie.
Die glo vestaan is aan’t padgee ytie bybel yt
nie orie gebooie so beslyt hettie;
baie mens het sy voet geswik en rigting verloor.
‘n Vuurspoeg berg
76 se kinnerkwaad hette baksteen innie hand;
‘n soweto dans op kampusse rond dowwel
i’pads innie hand mettie poelieste se waterguns
virre kwaad-afwas shower agter lemmetjiesdraad.
Bloeddra innie pad word oppie parliament stoep ga lê,
die mag vannie zero word’tie stank vanne plestiektroon
in ligtelaaie geklee en virrie landsbaas gegee. Hy’sie keiser
wattie impi’s gee wattie boekvolk wil hê, sy gesig oppe kassie
weg vannie kwaad va sy kinners wat op sy voorstoep wag.
‘n Nuwe fight kryp innie staat se beursie weg;
fees must go dra metjies maskers wegkyk oë
platsak skuld en hope kwaad met afgebranne
toekomsdrome wat in vullisdromme smeul.
Mzanzi hette vuurspoeg berg geword;
‘n las op sy skouers besig om sy knieë te knak.
Gelerentyd stort trane baar boek weeskinners
in leë klasse watte begrafplaas vi woorde word.
‘n Lewe in kort
Sy kon mooi gewesit as ha ok okey was;
dors bottelmerke wys in ha gesig
ha liggaam isse halfwegstasie sonner guard
warie biere afklim fake smiles opklim
getreinspoor deurie ouens mettie kroon.
ha bo-yt lag word gekoop;
sy lewe op vet kanse
vol vannie siek.
Dors
Die reënboognasie is dors;
‘n waterhonger wattie land
in grys gras geklee op sy knieë hou
dwaal in stof tot stof provinsies rond.
Groen gesond hette afskeepkleur geword,
legkaartblokkie damme sukkel omme droom te bou.
Een wat genoeg kos innie spens vannie volk kan berg.
Titanicsurf oppe trein
Boegsurf oppie Titanic hette trein geklim;
die open air va freedom luxury en kaviaar
word’te plek virre katkop orange suit en doodtart move.
Lywe wat lewe het swaaiswing byrie deure yt
‘n ticket virre lift word byrie blinne oubaas gekoop.
‘n Honger kol vra nie vi bang’ie dit vatte kans
lattie dood ga lê langse tweelyn spoor.
Trainsurf word’te move mette dice innie hand,
guard’tjies kyk anner pad assie dood rondhang
die soeke na fame inne eskom hand lê oppe way
warie daredevils vannie spoor sy eie undertaker is.
Boys in black like’ie moves vigeet ‘n ma pa enne fam;
cables bo’rie trein issie net vi steel’ie dit entertain’ie drugs
wattie lag yte liggaam haal die dood virre rukkie bêre
as hy’rit sidestep ommie vrinne te please offe kick te koop.
Trainsurf tart ‘n lewe speel ‘n spel mettie dood,
die pens vanne wa kanne miskraam kry
een watte bolling bloed tussen’ie lyne los.
lyne wat gemaak is omme streep te trek,
‘n begin te maak offe einde te wees.
Starigsterf het ok ‘n baard
Aktivisme issie net sestien dae oud’tie,
hettie net ‘n sagte gelaat dra ‘n rok of pantie nie.
Dit skuil skaam agter ‘n baard, fris stem en inhoutrane;
ok mans word as woord slaansakke geteister en verniel.
Erger as handoplig issie seer wat mette stem geslaan word;
letsels wat inne gemoed gelos word genees nooit’ie
disse kanker wat teer op pyn en starigsterf.
Mans is mens gaan ok soos een dood.
Sestien dae va baklei tene euwel is vi langer norag;
disse fight vi elke dag vi elke mens
man vrou en kind innie selle kryt,
een wa nie handoek ingegooi word’ie.
warie wenner geloof hoop en liefde is;
min gevra ma met baie en sterk wil
sosie bybel dit va ôs ammal wil hê.
Grafrol vannie bouers
Assie rand kô gemoan’it
het hy sy note oppe bosberaad gevat
ytgeteerde fivebobs en two rand pieces
vi berading en rehab gestuur narie land
vannie pond dollar euro en inkom yuan
marie baas vannie plaas het gepraat
sy smile opgesit ennie guard weggejaa
die rainbow nation sy ribbekas lat wys
hom’ie hofnar vannie wêreld gemaak
enne grafrol of twee innie grond lat roer
skedelskaam sy gesig weg vannie land gedraai
halfsente sente vyfsente het lankal gegroet
‘n lange gegooi en in leë laaie ga lê
broodjies melk pap en eiers hette luxury geword
even’ie water het gee-pad ytie land vannie wyn
goud brood mielies en grootgeld fruit
‘n bakhand staan wag innie poorte vannie land
‘n begrafplaas vi woorde lê in community yards rond
orie keiser vat en breek ennit agter ‘n lag wegsteek.
Vet beursie vanne lanie
Politics hette pension fund geword;
agterbankers se vet paypakkies is doodstil
ytgevreet virrie note wat sy pens volhou
blink laniekarre hettie ‘n lang lewe nie
assit stof vat word’te nuwe een gekoop
chrystlers crusers chevvies you name it
konings kappie klip onnerie reenboog’ie
tannewys onner smiles sonner antwoorde
hysbase wat zip kap hire en fire lattie nasie hyl
eenkeer was genoeg hette gewoonte geword
mandela se hannevat het weggeraak
opgeslurp deure suit en overall wat innie praathys fight
netjies bly nie mee by pratie lipklipgooi issie ding
eiergooi se dae is lankal getel ordentlik het tjeepad
ytgehaal deure ytgevreetgeit wat in tenners rondlê
dis hoerit is ‘n lanie se beursie ly nie honger’ie.
Konsentrasiekamp vi drome
Auscwitz se flenters kleef ane reënboogland;
gebede word vermoor en in grafte gesmyt,
die dood loop spekvet innie townships rond
gly ammekaar oppe piesangskil wattie land vol lê.
byrie gesigkyk issie mee ‘n issue nie
bruin swart wit pienk pers word virre pop gevat
anie neus rond gelei en mettie waarheit ytgehonger;
Zyklon B gas hette anner naam word ytgevreet genoem.
die engel vannie dood se victims is drome
‘n geslag se toekoms wreed en onskullag gekastreer
en virrie wolwe gesmyt vermink virre starigdood
een wattie lewe ka kopie en agter elektriek drade bly.
disse afdraane pad vol potholes en verminkte drome;
iets wat ka survive’it assie keiser narie volk gelyster’it.
Asblik menu
Hulle menu word innie vullisdrom gebêre
gister en eergister se weggooi hulle kaviaar
wegkyk vanne bakhandstaan hulle krismisgroet.
Die asblikmenu is koningskos virre pypslaper,
‘n weggooikind mette gomblik innie hand: ‘n
troos wattie honger onner ‘n kaartboks moet lawe.
Change innie spekvet beursie vanne krismis shopper
kryp weg onner note; te skaam om gewig te verloor
ane kind wat traanstaan virre stukkie brood offe Jesusdruk.
“Lattie kinnertjies na my toe kom” ‘n vraag inne vers
het innie Sondagskool verdwaal is agtergelos sonner
‘n vissietjie broodjie offe druppeltjie ommie honger
dors en lag innie oë te voed te troos en op te tel;
virrie grootste koning was da okie blyplek, ‘n kooi
met sagslaap kombersies en voetesokkies’ie.
Sy kooi ‘n krip inne stal saam mettie skapies saam;
virrie weggooikind ‘n kaartbokskooi sonner menu
sonner sokkies waarin die liefde vanne familie gesit is;
dis tenie pad ytgetrek en oppie mopgat ga smyt
om in wind weer en storm te verlep te vergaan.
Twintig sestien
(Elke mens het drome. Wonder maar net of hierdie akrostigon darem sin maak.)
Tyd issie vyand vannie ongedullagge;
wonde sonner rowe wattie genees’ie
issie toekoms vi hom wat weier om te change
nuwe paaie te soek en weivelde te verken,
tog issie tyd ‘n partner virrie ou met drome innie hart
ingetrap mette wil va sy eie om te survive,
gerat gespoor en gefocus op sy eie ek
sy drome hettie grense wat houvas’ie
eerlikheid met homself is sy kompas en wapen,
solied gemessel inne onvanklike droom
takties deurdenk gepolish en gedress virrie future
innie past het woord familie en vyand sy spoor houvas
engelgesiggies voorgehou en sy kop gevat;
niks geworry oor sy drome wat ane galgtou hang’ie.
Waarkant vannie lewe
Die waarheit dra nie ‘n masker nie;
sta nie oppe kansel en gooi woord oor mens
gelowig of ongelowig heiden of dasdraer’ie.
Dis gebore innie hart va elke mens ryk of arm
spekgeklee of brandmaerdun gesien en ongesien,
sy penne-ink draai nie doekies ommie vertellie
storie regyt soos hy is en lopie mette nors gesig’ie.
Fame en fortune tan nie op sy tong’ie, die woord
wat rol oor sy lip issie nederagheit self sonner fancy
parkers i’phone en video games. Sy spoor word deure
potlood getrap en innie hart ga los da warie waarkant
vannie lewe sy woorde grootmaak en virrie wêreld gee.
‘n Tiermelk bekyk
Die antie innie wagkamer kyk doods voor ha yt;
‘n gesig vol plooie deurie lewe gemake-up
speel mettie hartseer in ha gesig rond.
‘n Kleintjie mette alice band ooglag vol lewe,
vra orie dood; bittersiek vanne vrou en geleende tyd.
die lewe speel ‘n dobbelspel
orie vrou mettie tiermelk innie lyf
wat hardpraat innie wind rond;
ha woorde hette dop in
antie jy moet jouself bekyk:
mense ga dood.
‘n Invite wat sy onskuld veloor’it
Ha smile isse french kiss invite;
voortanne wat moes plek maak virre poort innie face,
gesond of skeef even kalsium tekort nevermaaind daai;
dissie history wat praat, property gecheck yte slaaf se smile
die cherries is min gespin oor daai invite dissie ouens
wat bokant’ie krullip hulle dates organise
om later’ie hollywood hero’s se frenchkiss moves te copy,
offit nou is va kan offie kannie daai tongklap getrain
ofte not het vanne man ‘n muis gemaak
‘n halflyflappie mette klomp stasiestoppe
knoop’ie vingers virre waterafslaan wattie peacemakers,
blinkgepoets mette druppel of twee ‘n piepiebone gee.
Brylcream blinksmeer en vaseline vi die wattie kannie
hettie cherries se pepstores rokkies diana outfits gemaak
marie onskuld is saam met daai tanne ytgetrek;
pepstore outfits mettie skewe agnaat en rêrag smile
het ytie kerk ytgeloop en oppie vlak ga staan,
onskuld het skeurbuik gekry en oppie plank ga loop;
hom disnis geval innie kake vanne draak
wat inne tsoenami va troebel waters gekuil het;
opgevreet’it dit wat oppe stadium onskullag was.
Boorgatgenare
As watergenare in rooi aangetrek is;
die sjoef-sjoef sluk spoeg moeë trane trek
en hoop gebore word in dorstig verlange
hettie hemel se trane opgedroog en stof geword.
Byrie ytkoms va dalk geen water in vrugbaar grond
wordt’ie tou opgegooi nie. Lag word meer elke spatsel
blinknat hoop help ‘n oes yt barensnood, voed ‘n volk.
Klipaltare heidensmeek en klereskeur issie noraggie;
die Vader sillie oes grootmaak yte boorgat water stuur
op sy tyd plek en manier; rooi hoefie die kleur vannie hel
te wesie disse boormasjien wat gedullag deur waterare
diep innie binneste vannie aarde sy kronkelvloeispoor trap.
‘n Boormasjien hettie drome nie issie gemaak vi dittie
dis God se plan in mensebrein geplant om sy opdrag te leef;
ga bewoon bewerk die aarde wat Ek in jou sorg toevertrou.
My sorg wat nooit sil oprakie;
al stanit asse boormasjien in rooi geklee
om aardse trane ytie grond yt te haal en bokant yt te pomp.
‘n Olympic dive ennie rand
we shall overcome hette valse klank
sta mette shotgun innie hand skiet left right en centre
oppie linkses regses die innie mirrel
wat oppie draad sit en wag lattie fees must fall
waterbullets target teikens wat vi geleerdheit fight
ga hang must fall kiekies innie wêreld se gesig
baar narrelag inne parliament on a point of order
iets watte paar woordjies is en yt wanorde ontstaan’it
die rand vatte olympic dive ytie staatskas yt
val rond en bont deur kos en swaarleefpryse
three times issie mee a lady nie disse geldbaas
mette joker gesig wat change sosie rand sy alie sien
mzanzi is nêrens oppad’tie
te nêrens’ie kon iewers gewesit
assie note innie staatskas hanne gevattit
baklei’it tenie vingers wattie lewe yt hulle waarde
hulle nasiegroei kô wurg’it
Gebore omte leef
Sy bloed lê nie net in sy lyf’ie;
dit loop ‘n kronkelspoor deurie geskiedenis
vanne Drommedaris, Reyger enne Goede Hoop
later sam mettie Duitsers en anner ore waternasies,
Afrika spoorlopers, ‘n hele vreemde wêreld
wat hulle se saad hie kô saai het om te groei;
inne bruin vel mette lekkerlip taal gebore omte leef.
Sy kaalvoet kettingenkels het ok ‘n pose geslaan;
nie orie outfit offie jewelrie nie ma oor daai lyf
vi pikvat hanne offe toulei spoor enne kaia slaap.
Verlangetraan vanne ma enne pa suster offe broer
hettie saak gemakie, virrie mêrrim ennie dysman
wassie aia ennie outa property virre kôbysvloerslaap,
hanekraaiopsta, melkspeentrek en boerseep kook.
Hy wasse hotnot, halfnaaitjie ‘n amper minner mens
wat later ytie geskiedenis geklimmit virre oorbeginte lewe,
net om yt te vinne die past het weer innie hede geklim.
Hulle wil hom skywe inner anner plek ga neerplak
oorlat hy kammelaaik te veel is inne province. Die politics
moet geplease raak solat oor hom gerule ka word,
sy colour oppie kantlyn en bytestaan gehou word.
Tog hette vrougahaal inne anner land sy trots gekloon;
dieselle vrou wattie wêreld gewysit wat liefde is
hoe ‘n volk se trots behoorte lyk sonner afskeep
vingerwys en bloedseermaak. Tog word daai trots
met verf besmeer en ytie geskiedenis try druk.
Sy seermaak het voor begin
inne land wat hy met als liefhet.
‘n Suidpunt wa hy geleer het om te vergewe
wa anner’it moeilik vind omte vegeet.
‘n Plooitraan lag
(Vir Dr. Fanie Marais)
Sy gesig isse kiekie;
daai oop gelaat houvas ‘n goudmyn
va omgee, delf innie dieptes vanne taal
wat ytie moederskoot vannie aarde geklim’it
grootgeword het inne ossewa, kombys, oppie vlak,
die parare oralster waantoe sy liefde hom gevattit.
Nou ploeg hy trug;
vrugbare grond warie afrikaanse saad geval’it
lat’it ontkiem in woordwonners wat nuwe liefde
aan sy kinners kleinkinners en weeskinners skenk.
Drome word bundels, vergesigte va dit wat loslê op papier
sta op ytie as klee gesigte met glimlagge en plooitraan oë.
Winternag vanne Marais;
‘n seisoen mooi ma koud word’te anner een se dromeprag.
Die land va Waveren het sy spoor innie Bokveld ga trap
sy taaltweeling da ga los om sy nageslag anie lewe te hou.
‘n Marais het wee sy slag gewys
sy liefde terug ga ploeg sonner omme oog te knip
virre taal enne kind wie se liefde in sy hart graveer is.
Vrug vannie Kanaanstok
(“Winternag” met verwysing na Eugene N Marais se Winternag)
Die strate vannie lewe het hom ingesluk;
disse doolhof wa hy sukkel om homself te vind.
‘n Lyf wat gesond geken’it se spore zig zag deur sy gesig,
halie bietjie lag yte gemoed wa weemoed skuil.
Sy hoop lê slingermoeg op worry se stoep,
kanse op sy pad het dikbek geword hulself aan anner gegee.
Hy willie horie gee’rie mens’ie skuld. Even genare isse luxury
‘n iets virrie ouens mettie lang sakke en jackpot opportunities.
Die lewe het hom ‘n klap gegee;
sy botterkant vannie brood het ytgedroog
word mettie vrug vanne kanaanstok afgewurre.
Innie oëkykpraat het vedwaal
Die outjie mettie agnaat het ytie verlede geklim
sy afro virre punk verryl ennie kam weggegooi.
Earings hette gesonne oor genaald ‘n neusring
getonghang en sy hart emosies mette slot geslyt;
vedag se kinners het stom geword hulle praat
innie pan gegooi ennie stemme innie vingers ga plant.
Innie oëkyk praat ‘n luxury wat al minner word
lê soos weeskinners innie ouers se afskeepharte,
hulle ore bedel om raakgehoor te word. Lippe
gousluk sonner bid ‘n bord met liefde berei,
te min lap klere wysie lyfies wat kort voor lank
‘n rokkie opskyf, ‘n kinnerjonk magie skooltoe stuur.
Die wêreld word vinnig, vegeet vanie een hand
ennie anner. Vingers vind mekaar net innie donker
weg vannie worry vanne ma enne pa wattie’rie stoute
kennis vanne aand innie kaalte ka raaksien’ie.
Praat het vedwaal swerf tussen vingerspore rond,
gly-gly op selfoonglas sonner om lippetaal te leer.
Mensetaal is deure stukkie iets enne handhouvas
ytie mens se bestaan geruk en va sy trane en omgee beroof;
tweede viool is besig omme waarheit te word.
(“kennis vanne aand” met verwysing na Andre P Brink se “Kennis van die aand.”)
Lied sonner gesig
Tyd isse gemaskerde dodemars;
‘n lied sonner gesig vi ammal bestem.
Note wat ytie verte al nader sluip
is op ammal se top twenty, fifty en meer
elke dag va elke jaar till death do us part.
Even babies wattie eers gebore issie horit
mette oor sonner klank enne oog sonner sien.
Daai isse sien en hoor wat inne anner lewe
sy gesig sil ko wys da warie weet ennie hoor
die minste saak maak. Omlat’ie harp en vurk
die final sê sil hê orie lewe op aard geleef.
Spierwit genade offe brandrooi pyngekners
die begin en end is vanne nuwe lewe
Iets wat op aarde reg gemaak ko gewesit.
Waterworries
Waterworries steel sy slaap;
die stem vannie wind is droog en dors
rukkerig by tye ongepoets en ongedullag
met belofte va reën wat innie lig rondhang;
die mens se geduld word getoets, ‘n Hoër hand
onsigbaar mettie oog, dydlik tasbaar mettie lyf
makie leë beloftes’ie, water ytie hemel sil kom
op Sy tyd en wanner’it die noragste is omte leef,
te laat leef; Sy woord te volbring sosit Hom behaag.
Breek vanne Grootboekwet
Ammal vra ma’rie norageit vi dankiesê
isse afskeep oogtoeslaan, ‘n weeswoord
wat mettie kry vannie vra innie wind verdwyn.
Mensewet word gemaak vi straf assit padvat;
die Grootboek se wet op klip geskryf is mank
virrie dankiesê daavan. Dit breek olimpiese spoed
byrie kry vannie gehêde iets totlattie vra virre anner
norageit wee met krukke onnerie tong boontoe praat.
Tog bly’rie genare vannie Man va bo altyd dieselle,
iewers oppe kol sillie dankiesê yte hart gebore word
‘n toon gestamp word. Totlattie vra oppie grond en
later onnerie grond lê. Mette kans wat gehad is.
Wat da oorbly issie smeek virre druppel genare oppie tong,
wavoor’ie draak vannie sonne net drietandomdraai vurklag.
hy sê nie dankie nie want’ie woord was nette iets op aard
wat so maklik vegeet is mettie kry va God se genare.
Vra isse boontoepraat met min moeite;
die dankiesê davoor nette oogtoemaak vêr
enne dankbare hart. God strooi nie gebed
innie wind’tie; Hy beloon’it met Sy liefde.
Diana Ferrus ‘n lady
(‘n Akrostigon vir ‘n skryfikoon sonner kroon)
Disse antie sonner bang op ha tong;
iemand wat fight sonner gloves of slypskutwoorde
assie nood’ie ergste is spoeg ha tong met alle guns
narie lipklipgooiers afdrukkers en onnervoettrappers
anie kant va die wattie kitaar wil slaan en lewens breek
Freedom fighters word gebore sonner make-up;
enkeles wat virrie waarheit lewe hulle roeping maak
regyt enne skryfikoon wat ha voorouerskatte verdedig
raar inne wêreld warie een’ie anner dophou en woorddoodwurg
uitgelewer ane skaamtelose medemens wat net vi homself fight;
sy issie so nie, sy isse Diana wat ha ‘n lady sonner kroon maak.
Tydbom
Die dood word inne rugsak gedra;
staar strak na sy slagoffers op lughawens,
in treinstasies en strate; onnergrond detonators
gemasker om drome en lewens te vernietig.
Oppie rug vanne reënboog met al minner hoop
verloor ‘n volk sy balans, ‘n tydbom mette notelont
word virrie wêreld gewys. Maters word wanhopig
vyande pleit vriende vlug, ‘n long walk hettie knie gebuig.
Die pricetag wat om freedom se nek gehang is
het goedkoop geword, die volk se beursies platter.
Must go must go word’ie number one hit. ‘n Plea
wat op nasietong ronddans trek sy doodskleed aan
die groot indoena issie een wattie tydbom dra;
een wat op Waterkloof vi hom afgelaai is.
Liplê woorde
Kwaad vanne volk liplê moeg in sy gesig;
sy lag is gesteel deure geldhonger mag.
‘n Lis wat sy knieë knak het hom kranklik
yt sy diepste binneste bloei trane na buite
sy lus is op; die keiser kyk byrie gesig. Woorde
helpie meer’ie strompel orie tong word ytpype
geslat en gestenig deur beloftes vanne beter tyd,
iets wat net op papier survive virre starag dood.
Vier-en-negentig se rainbow hette skaamkleur;
struikeltong pleit word’ie pa virre liplê woord
een wat deurie keiser misgehoor word wyl meer
ytroepe vi ‘n trugstaan langs’ie pleit ga lê.
‘n Political fight op papier
Act Now Canalla issie woord vol beloftes,
blinkvet en breëbek wat op straat rondlê.
Dangerous Attitudes virrie fight lattie MaPoezas
rondstaan ennie Antie Innie Catwoman outfit
Agter’ie Chinashop Duck Papgeskrik virrie
woordbullets wat gefire word va alle kante af.
Vrae Feetjieglo Plus hannevat tussen parties
willie people lat glo anie Nasie Freedom Pap en melk
wat by elke hys deliver sil word. Ennie Feite Flowers
lipklipgooi vannie hele issue lê Uitgedroog Dors Mensmoeg
va allie fight tenie grond. Afrikaanses Praat Chinese, Indiers Flee
People kerm, die troonsitter hette harrekwas stryk Afgejak Geboe
Aangepraat Nkandla Gebou omte ga rus ma al wat bly is hy.
Na die sien vanne kitaar
(Vir Pappa Ampie)
Die kitaar in sy hand hette gebreekte snaar;
sy note bewe klankloos onner’ie Bokveld son
moeg gewag virrie vingers om sy snaar te streel.
Die raakvat va sy drome het ga kluitlê sy stem
het stil geword hy is daar nie meer;
weg
hy is ‘n gebreekte snaar
die kitaar in sy hand hette honger hartseer snaar.
Eendag
“We shall overcome” het wee sy nagkabaai aangetrek
moeg oppie kooi ga lê en sy oë toegemaak.
“Some day” is nou ‘n droom vêr innie verskiet,
die fight vi justice lê gewond oppie government se stoep.
‘n Toekoms virre kind diep in menig hart gebore hyl bloed;
die reënboog brand ‘n vuis innie lug word skaam
draai sy rug oppie wêreld wat vanne muishond praat.
‘n Lewe het duur geword; dissie volk wattie prys betaal.
“I do believe” ‘n gebed wat na die hemel skree
se knieë is geknak, beweeg nader anie onnergrond;
‘n tragiese dood wat wag assie gesig vannie volk
aanhou lag.
(Na aanleiding van die vryheidslied wat gereeld gesig was in die sewentigs en tagtigerjare, “We shall overcome.”)
Ôs
ôs issie kinners vannie grond
die blackberry chatters haasbeksmilers
wat skarrel virre stukkie brood airtime
enne gatejeans mette fake brand oppie sak
spore va ôs ouers lê oppie kerkgrond rond
stofbedek gemix mette va riebeeck
khoi san enne geelblond duits hollandse pama
’n snaphaan is deur ôs hanne houvas
later deure world war groot depressie griep
en aparthyt om ôs nekke gehang
die brinks smalls breytenbachs boesaks
woorde op papier in pyn-ink gedoop
anie wêreld verkoop vertel ôs storie
baar trane berou enne lyklathaal inne fancy kis
yte wegkrypland watte begraweland word
ôs colour isse issue mettie einastrepies op
inbetweeners wat oppie rand vannie mirrel sta
diekantoe enne daaikantoe issie genoeg’ie
disse dasbesluit mette twaalftaal aksent
fancy woorde enne spekvet beursie
wat in ôs id’s ko krap
klipkap hanne ’n deurie traliekyk gesig
het ôs tronksel raakgesien en ytgebreek
na sewe en twintig jaar die kers doodgeblaas
‘n balb ingesit ‘n lyf ‘n stem gegee
die donkerbril afgehaal ennie oë lat oopgan
nousit anners va riebeeck kry’rie skuld
assitie so wassie sy skippietjies verbygehou het
het amacoloured nou in duitswes sy lê gekry
ôs issie kinners vannie grond
ôs bloed lê in Suid-Afrika rond