Brysende saad
die sonneblom van my histerie
blom in ‘n oerwoud van verotte seegras
die bewering dat my hart groen bloed pomp
laat my soek in gras vir bewys van saad
soos twee vulkane lê die torings van Babilon
gereed om te ontplof en wit lawa te spuit
en in die sloot van verderf rooi klonte
van bloed deur my siel te laat bruis!
Don Q Jot
Geskryf deur my groot vriend oorlede Jacob Kritzinger
Rondom 1992
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.