Seisoen in jou lag
Jou siel vergeet
die pyn van gister
wanneer ‘n lente bloeisel
saggies kreun in jou hand
In die kring
van jou lag
is die mooiste mooi
dit tyt in my ore
oor skoonheid en somer
Het jy saggies
met jou lippe
my soet
soeter
soetste
wens vervul
5 Kommentare
-
-
neels
Palet kan altyd so lekker romanties raak
-
Ronel Janse van Vuuren
Mooi gepen.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Lente projek