Jongste aktiwiteit:

Nogtans Sal Ek Juig

Nogtans Sal Ek Juig

Ek sit vanoggend dankbaar
met rus en vrede in my hart temidde
van moeilike uitmergelende droogtetye en
die al leërwordende damme en riviere
verskroeide gesaaides en versengende hitte
mens en dier verdors dit het nie oral gereën nie—
Maar soos Habakuk juig ek nogtans tot Hom
al bot die vyeboom nie en beeste en skape
vrek van die honger en die krale raak leeg,
Hy sal die ellende en honger verbreek met
milde reën en oral weer uitkoms bring—
Daarom het ek rus en vrede in Hom wat
die swaar mandjies met laste van ons skouers
sal haal en my hartslied klink dankbaar en
juigend weids oor my hartsvelde
Gloria in excelsis Deo!
(Glory to God in the Highest)

Janetta – Helena [Babs] ©




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed