Groen sag en broos
Soos ‘n stil skim
staan hy daar
wat iets moois
of tydloos probeer vasgryp
Gulsig steek die boom
sy takkerige hande
uit na die son
en voel hoe warmte
deur sy droë wortels stroom
O soete lente
kom les my dors
met jou sagte reên
bedek my bas
met lower groen
Ontwakend bloei dit bly
tot liefde ook in my
wanneer ek die vroeë
bloeisels pluk
Dis tyd
vir ‘n nuwe begin
kwaak die rivier
in sy skik
2 Kommentare
-
Ronel Janse van Vuuren
Mooi gepen.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Lente projek