C’est la vie
my somerhart
se jong groen loof
deur ‘n liefdeshand
sekuur versorg, vertroetel
het in die winter
verdor, verdroog
waar dit eens
met narsing en mirre
mildelik bedruip is
hyg woestynwoorde
smagtend na lentereën
se liefdesklad
kom laaf my met narra
sodat my winterhart
van vooraf kan bot
uitbreek in wilde prag
gegeur, gekleur
met die belofte
van lentevrug
in antwoord op
“C’est la vie”
©Driekie Grobler
3 Kommentare
-

Nico Schamrel
Besonderse gedig, Driekie!
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die September 2019 projek