Net ’n verlangversie
ek verlang na jou
soos perlemoen aan rots wil klou
soos branders oor die sand wil vee
en verbonde met wit strande smee
ek verlang na jou
soos meeue van oop ruimtes hou
soos ’n walvis na ’n oseaan
en die vryheid om sy weg te baan
ek verlang na jou
soos malgasse wat net eenmaal trou
soos ’n albatros na stormwind
so wens ek om jou weer te vind
soos ’n seilskip na die waters blou
só hunker ek vandag na jou
© Carma Shaw
13 September 2019
6:55
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Seirdna
Dis mooi!