drama koors
vanoggend is my duin ‘n teater
waar verskillende gemoedstoestande heers
net hier agter my het ‘n kat die domein van fisante
binne gedring, en nou is daar groot moeilikheid
ma fisant skreeu luidkeels, en pa fisant skrop
en skop stof op met ‘n onaardse gebrom
daar omheen kef kiewiet in stakato
wat jy wie weet waar kan hoor
so is die lewe ook maar
vol van sy drama
drama gesigte
drama gesegdes
drama van hier tot
ver in die noorde
©Teárlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.