Jongste aktiwiteit:

C’est la vie – as lewensseisoene hul jasse ophang

C’est la vie – as lewensseisoene hul jas ophang

sag soos satyn sal seisoene hul jasse ophang
‘n kleurspel aan die kapstok die sonstrale vang
en lente se aroma bokspring, baljaar en gedy
nuwe lewe bloedrooi blosend groei vir jou en my
die groen tapyt en dae soet soos heuning
ryp vrugte vreugdevolle sonskyndae bring
roesbruin – geel – oranje donssagte spatsel
flindersag onhoorbaar op die aarde neerdartel
ons in winter kaggelvure aande warmte bymekaar
maak en oor die skitterwit sneeukleed staar

so wissel die seisoene dag in nag uit elke jaar
songloed van ons lente na winternagkou baljaar
somer vrolik tussen blommeprag speel
vier seisoene wat die jaar vir mekaar deel
herfs nagte koeler – kouer – kaler raak
winter die maan koesterend oor ons waak
vrolik vroegjaar na traanbedrupte najaar
na die son die nag, die maan en sterre baljaar
die maan gaan staan as een seisoen sy jas ophang
sodat die ander seisoen saggies dit vervang

as blare val word humus in die voedselkring
‘n nuwe lewe nuwe vrugte wat nuwe sade bring
is die kringloop van die natuur en ons lewenssiklus
tye vir blare – blomme – vrugte – sade – tye om te rus
maar dan val die blare vir die heel laaste keer
saggies dartelend plof-plof op die aarde neer
dit die laaste lewensseisoen sal aankondig
as lewensblare val op hul grand finale lewensvlug

v
a
l

v
a
l

ave … au revoir … die laaste sonsstrale vang
as lewensseisoene hul jas finaal ophang

©Kopiereg Linda du Plessis 2023




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed