Jongste aktiwiteit:

Namakwaland se lenteliefde

Namakwaland se lenteliefde

oor jou gelyktes wat eers soos bruin papier uitgestrek lê

vloei nou madeliefies oor rante wat speels slingerend rondgly

ontplof ‘n lappieskombers helder van kleure en geure

in die dorre land met spatsels die brandpunt van my hart

dis waar jy gousblomme in oordaad oor sandsteen strooi

is jou liefde vrygewig vir vetplante tussen ‘n vygietapyt

waar nuwe voëlneste wagtend oopmond gaap vir sy inwoners

terwyl windvangers wydsbeen klop-klop in die lentewind water vind

skitter jou diamante soggens vroeg met vulkane van kleure

wanneer lentesonvoelers streel oor aalwyne wat bloei teen rante,

omvou, verryk, verhef, vervolmaak jy jou liefdesgeure en -liefde

hier tussen tolbos en rolbos wil ek my finale spore kom lê

 

met swart-wit note wat tussen lyne intervalle speel

sodat berge ritmies tussen kliprante waak en ek sterre kan aanraak

waar sonvangers in die wind klop-klop en jy jou water vind

in ‘n dorre hart met spatsels die brandpunte van my hart

my liefde is vir jou want jy is verryk, verhewe, volmaak

vrygewig is jou siel vir vetplant en Oosterse vygietapyt

waar jy gousblomme in oordaad oor sandstene strooi

sodat voëlneste oopmond gapende wag vir sy inwoners

Namakwaland jy is my hart se punt – jy ontvang so min – gee so baie

hier tussen rolbos en tolbos wil ek my finale rusplek kom vind

©Kopiereg Linda du Plessis 2023




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed