Jongste aktiwiteit:

DAAI SNUFF VIDEO

DAAI SNUFF VIDEO

Daai Satynlaken-dae, nê …..Daai spul het vir jare gesoek na net een enkele swakplek in my yskoue mondering. Of enige redelike afbeelding daarvan. Onsuksesvol; maar daai een windverflenterde fraaiingdag toe hulle heel per ongeluk struikel bo-oor my enigste voor die handliggende stukkie weerloosheid – dit was eintlik so dêm openlik dat dit daarom so lank verborge gebly het……My pragtige, klein dogtertjie met haar blou-blou oë en bruinkrulhare – diepbruin; nes geil grond. My kleintjie-dogtertjielief! Kennis wat my van toe af elke liewe dag kaalvoet deur die Hel sou laat loop het en terug; wat my so byna-byna (per ongeluk) van my verstand af gedryf het.
Blykbaar was dit veronderstel om ‘n grap te gewees het – daai Snuff-video met die kru titel: The Little Vagina and the Godlylust of Lord Dick. Ek sal seker nie eers in staat wees om dit na my dood in die ewigheid te kan vergeet nie! ………..Uhm, as ek reg onthou het Snuff-videos hulle oorsprong in Argentinië. Dis nie die soort vermaak wat jy maklik selfs op die swartmark sal kry nie, maar in heelwat van die pilare van die gemeenskap se donker wegsteekplekkies.
In ‘n Snuff-video word ‘n kind tot die dood toe verkrag, seksueel gemartel en…. en…. Dit kan ure aanhou; terwyl die filmkamera ‘liefderyk’ oor elke nuanse streel; elke liewe oomblik met die lens koester asof……. Asof dit nie een of ander epiese liefdesverhaal is. Hulle het my eers op ‘n stoel halfvasgedruk, halfvasgemaak. Play gedruk. Here, tog! Dit was my dogtertjie se vreesverwronge gesiggie. My dogtertjie (my klein-klein patroontjie; Here) se sagte, bitterklein lyfie wat deur een man na die ander……….een man na die ander ge……..Jammer; ek, ek will nie daaroor praat nie! My lieflingkleintjie wat soos ‘n besete diertjie, mal van die bang en die eina, geskree het! Totdat die seer en die paniek net stom vir die verlossende dood gewag het……..Behalwe vir die skaars hoorbare kermwoordjies, “Ek wil my mamma hê……….Ek wil my mamma hê.
“Ek wil my mamma hê……….” Ek het losgeruk, losgekom. Soos ‘n besetene op hulle afgestorm. So help my God! Ek sou elkeen met my kaal hande vermmor! Die Bliksems!………. “Waar’s my kind? Ek wil my kind hê!
“Waar’s my kind?!” Die gemors het my oorweldig; my laggend oopgespalk, ontsettend styf vasgemaak. Met ‘n parafienrotpenis in my lyf – “Ek wil my kind hê!” ‘n Bietjie vuur net-net vergenoeg……. Rewind….. Stop.
Play.
Die “beste dele” is teruggedraai en weer oorgespeel. Oorgespeel. Oorgespeel; dae – baie dae later het hulle ewe groothartig of manmoedig kom bieg dat als net ‘n grap was.
(Ha-ha) Ja, dit was ‘n regte Snuff-video, maar hulle het hom gedokter – dit was nie my dogtertjie gewees nie…
Waar’s my kind? Sommer ‘n optelkind gewees…… Ek wil my mamma hê!
Ha-ha-ha!!!
Dit het nie saak gemaak nie; niks het meer saak gemaak nie. Iets. Iets het binne-in my gebreek – fyn en fleners splinterruit in my bly lê. Iets in sy malle maai in; vir altyd. Daar was ‘n amper tasbare malheid in my. ‘n Malheid wat gesit het waar ek gesit het, geloop het waar ek geloop het, geslaap het waar ek geslaap het. Seks gehad het wanneer ek seks gehad het. ‘n Malheid wat opgestaan het waar ek geval het.
…Ek moes wegkom vir ‘n ruk. Sommer net omdat…. sommer net omdat. Onder die voorwendel dat ek ‘n skryfskool gaan bywoon, het ek in Wonderwiele – my ou geel volksie – padgevat Sommer net gery, geslaap; gewees. Doelloos. Godloos.
Allesloos……..Send in the clowns; en vir ampertjies ‘n week was daar aspris clowns gewees.
Rêrige-êrige clowns met oranje hare en rooi neuse…
Ou Tokkie het my geleer hoe om my eie, persoonlike; bloedrooi glimlag te verf. Vir byna ‘n hele week lank het ek by die sirkus gebly. En vir ampertjies-byna ‘n week lank was ek Rissiepit – die apprentice clown. Lag, nar, lag……. and because my feet are gay with dancing, you do not know I die……En toe bel hulle.
Ek moes terug!
Na daai Snuff-video was ek die marionet en elcheappo met hulle hande die marionetmeester . Sonder teëpraat moes ek gehoorsaam, óf! “Of…. jou kind speel die hoofrol in Little Vagina se opvolg. Of jy spring as ons sê spring of ons maak van jou kind ‘n matras wat ons in elke geval oorweeg. Jy weet mos – ‘sex before eight or its too late!’
Ja; ek het mos geweet. Honor bright, ek het mos!…….En, ja, ek het gespring. Net so hoog en net so ver soos wat hulle wou gehad het ek moes. Ja ekke het mos geweet! Ter wille van my dogtertjie het ek nooit vergeet dat ek mos geweet het nie. Soms – dis net; soms het elke sekonde se bangwaansin my soos ‘n honsdol dier uitmekaaruit geskeur. Dan het ek weggehardloop. Gevlug na ‘n alleen-donker hoekie. Soos ‘n outisties kind wat vlug uit ‘n wêreld wat vir haar geen sin gemaak het nie….Net voorentoe en agtertoe gewieg; die plastiekbekker om en om gedraai. Om. En. Om; en om. ….. Die Here het mos ook geweet. Ja, soos wat Hy mos ook geweet het van my dubbele identiteit. Omdat tussen al die helse waansin; tussen al die verminking en die donker leuens was ek eintlik veronderstel om iemand anderser te wees. Ek moes ‘n Siamese-lewe leef, maar net die een vrou moes ‘n oop boek vir die oë van die mense wees….Die goeie, voorbeeldige Sondagskooljuffrou met haar beentjies mooi toe en haar mondjie sedig geplooi. Die snaakste is toe hierdie walglike Skarlakenvrou elke Sondag ‘n kerkbank warmgesit het en die kleintjies van Liewe Jesus vertel het was ek die tweedebeste ding sedert peanutbutter; ‘n ware geopene van die Lig. ‘n Goeie, talentvole vrou wat vir ‘n plaaslike koerant gefreelance het en goeie boeke geskryf het…..Wonder waarom sy nog nie getroud is nie?
Ja………Maar die oomblik toe God my uit als uithaal en ek openlik begin praat oor hierdie wonderwerk, toe is die hel sommer behoorlik los. Toe split die liewe Here my ook nog: By ellke biduur, oggendtee, omgeegroep het Hy persoonlik self vir hulle vertel hoe absoluut boos ek is. Huh-uh; nie wás nie…..Is! En so in die middel van al hul heilige gepraatjiesmaak word ek elcheappo se vrou (nee, ek is nie troue toe genooi nie) en ek word bevorder tot die posisie van die ant-Chris. Skinderbekmites en legendes wat my meermale in sy moer in laat flenters breek het!………
Maar toe kom daar ‘n MessiasMan met n liefhê so teer, so absoluut onbeskryfbaar dat ek in trane kon uitbars daarvan en Hy; ne (my Hero!!!) Hy het al die stukkie opgetel en my weer oorgemaak, nuutgemaak; heelgemaak…My Messias, my Hero; my Lord of the Dance!! En ek kan Sy liefnes en genade en Sy daar wees met my hele-ganske hart aanbeveel. Vir my is dit nie net iets wat ek nodig het nie; ek kan doodeenvoudig nie daar sonder lewe nie. My Hero – soos bloed, so is Jy vir my!!!

Kyk mooi na jouself, liewe Bokkie my babie, en mag die lewe homself vandag gedra in jou geselskap.
©Liza Daniells




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed