Die man met die ligblou oe. Episode 2 – Deel 2
Die man met die ligblou oë
Episode twee – Deel 2
Danielle Visagie stap strompelend en wiegend in die rigting van die badkamers. Die polsende klop van die musiek en die wiegende massa mense laat haar wêreld vreeslik draai. Sy wonder hoe drie drankies haar so kan beïnvloed. ‘n Vreemde ou wat na bier en sigaretrook ruik, gryp haar om haar middellyf, hou haar gesig in sy hand vas en soen haar vol op die lippe. Dan laat hy haar gaan en loop, hande omhoog, trots op sy heldedaad, terug na sy makkers wat almal lag en hande klap. Danielle strompel die badkamer binne. Sy hou aan die deur vas, die sitplek is weg, sy druk die deur toe, hurk oor die toilet en laat haar blaas leeg loop. Toe sy regop kom voel sy hoe die braak in haar keel opstoot. Sy draai net betyds om meeste van die kots in die toiletbak te kry, die res streep en drup geel teen die muur. Toe sy klaar is vee sy haar mond met die agterkanty van haar hand af en stap uit by die afskorting. Sy onthou dat daar peppermente in haar klein handsakkie is en begin na hulle soek.
Twee sterk arms gryp haar van agter af om haar middel en tel haar op. “Los my!” kry sy hees uit en probeer spartel, maar haar kop is beneweld en haar arms het geen krag nie. Sy sien ‘n swart deur met rooi letters, iest van “…only” is al wat sy kan lees, dan word sy hardhandig by ‘n trap op gesleepdra en op ‘n leer bank neergegooi. Die vertrek lyk soos ‘n kantoor, daar is ‘n lessenaar vol papiere met asbakke wat tot oorlopens toe vol is oral. Daar is rakke teen die mure, vol leggers en stapels papiere. Die waaier is die dak draai stadig, die vertrek draai ook…alles draai…draai…Danielle gly in ‘n slaap, haar liggaam heeltemal moeg en slap.
‘n Skerp klap teen haar wang bring haar terug na die werklikheid. “Hey baby!” praat ‘n mansstem naby haar gesig. Sy asem stink na rook en suur wyn. “Wake up baby, wakey wakey, wake up sleepy head!” sê die stem weer en daar word weer aan haar gesig geklap. Sy probeer die klappende hand keer, maar haar eie hande wil nie reageer nie. Sy probeer wakker word, haar kop voel of dit vol watte is, sy weet nie hoe laat dit is nie, waar sy is nie, wat aangaan nie. Sy voel hoe daar aan haar borste gedruk word, haar bloes is oopgeknoop. Dan gly ‘n hand teen haar been onder haar kort rokkie in en gryp haar hardhandig tussen die bene. Sy gil en probeer haar bene toemaak. ‘n Harde klap teen haar gesig laat haar agteroor ruk en haar oë vul met trane. “HEY blondie, behave, spread for Daddy, let me have some of that sweetness, test the goods so to speak!” hyg Jonathan Davids laggend en probeer haar bene oop forseer met sy knie. Met sy hande begin hy sy broek losmaak. “Open your legs bitch…” begin hy hygend haar toesnou. Hy het ‘n pers baadjie en ‘n blinkgestrykde swart broek aan, sy hare hang tot op sy skouers en sy puntskoene is al afgeloop aan die buitekante. Hy stink na rook. Skielik lui sy selfoon.
Hy kyk na die skerm, maar herken nie die nommer nie. “Yes” antwoord hy skor terwyl hy die foon teen sy skouer vasdruk en sy broek weer vasmaak. Net informante het die nommer en hulle moet vrees, sy skorheis is deel van die intimidasie. “Mr Davids?” vra ‘n mansstem wat hy nie ken nie. “Yes, who is this?” antwoord hy en gaan sit agter die lessenaar. “Ah, Mr Davids, I represent a distiguished buyer who prefers anonimity and we understand you have some hummm, shall we say “livestock” that is going up for auction soon…” Voordat die stem kan verder gaan val Jonathan hom in die rede, “ Where you get such information I don’t know, but I assure you that you have the wrong Jonathan Davids.” ontken hy botweg. “Mr Davids, please don’t underestimate my intelligence, my name is Felix, I would like to meet with you, in an hour, your office perhaps, then we can discuss the matter further in private, thank you” en hiermee word die oproep afgesny. Jonathan staar vir ‘n oomblik na die foon in sy hand en dan raak hy weer bewus van die meisie op die bank. Hy haal ‘n dun dosie uit ‘n laai van die lessenaar en trek genoeg kleurlose vloeistof ‘n spuitnaald om haar hanteerbaar te maak, maar nie dood nie. Dan staan hy op, gryp haar arm, en voordat sy kan reageer spuit hy die dwelm in haar are in. Danielle voel hoe die vloeistof in haar are vloei, hoe haar kop weer begin draai en alles rek en draai en raak elasties. Sy sien die lang pers baadjie wat krul en dan hoor sy ‘n onderwater stem, die figuur lyk snaaks, die vertrek buig en dan raak alles dowwer en dowwer. “Derek, come fetch this bitch and load her with the other sluts! Also, tell David that there’s some idiot coming to see me in an hour. Just be sharp” snou Jonathan oor die foon en dan gaan sit hy weer by die lessenaar. Hy moet voorbereid vir die onbekende besoeker wees, sy kop moet helder wees, hy steek die eerste goedkoop sigaar van die dag op.
Een uur later is daar ‘n ligte klop aan die deur. “Come!” skree Jonathan en lê agteroor in sy stoel. Die deur swaai oop en Derek, die uitsmyter stap binne. Agter hom is ‘n man met ‘n lang swart leer jas en ‘n leer pet. Die man dra ‘n dun leer das om sy nek, ‘n wit hemp, leer handskoene en ‘n geel bril wat sy oë gedeeltelik versteek. Jonathan voel half ongemaklik toe die man hom aankyk, maar hy draai sy oë weg, staan stadig op en beweeg nader aan sy besoeker. Agter hom, besig om die deur toe te maak, is David met , verband om sy kop. “Jonathan, Jonathan Davids” sê hy en steek sy hand uit. Die besoeker gaan sit op die bank en knik vriendelik. Jonathan gaan sit op die oorblywende leer stoel, sy hand op sy been. “Well, you must be Felix, what can I do for you, Felix?” vra hy en hou sy besoeker fyn dop. “Mr Davids, with respect, don’t play games with me. I am a busy man and I don’t have time for games. As I said, I represent a very wealthy client and would like to make some livestock purchases at your next auction. All I need to know from you is when and where that will be and naturally the other basic details.” Jonathan glimlag liggies en lig sy handpalms na bo. “I’m afraid I don’t have a clue what you are referring to, what livestock and what auction, this is all a mistery to me” sê hy half apologeties, half uitdagend. “Well, if that’s the case I am sorry for wasting your time” antwoord Felix en staan op. Derek begin vooroor buig om die deur vir die besoeker oop te maak. Jonathan sit steeds in die gemakstoel, ‘n ligte glimlag speel oor sy mond.
Met ‘n vinnige vorentoe sprong gryp Felix vir Derek aan sy skouer, trap sy linkervoet voor die uitsmyter se voet vas pootjie hom en gooi die man met al sy geweld by die trap af. David spring vorentoe, maar Felix maak die deur half toe en stamp dit weer skielik oop, in David se gesig vas, die bloed spat uit sy gebreekde neus. Felix spring rats om Derek, gryp ‘n asbak wat op ‘n rak staan en slaan die uitsmyter op dieselfde plek waar ‘n toiletbak hom die vorige aand harsingskudding gegee het. Sigaarstompies en as warrel deur die lug. Die man brul van pyn, gryp sy kop vas en slaan dan stadig op die mat neer waar hy stil bly lê.
Jonathan is so onkant gevang deur die skielike aksie dat hy dit nie eers halfpad na sy lessenaar maak voor Felix hom hard van agter skop sodat hy teen die boekrakke steier nie. Dan voel hy hoe die man se hand soos staal om sy gorrel vasgryp en ‘n skerp lem teen sy nek gedruk word. Hy word in sy leunstoel vasgedruk en sy hande word styf agter die stoel met die leer das vasgemaak. “So Davids, where are the girls?” sis Felix in sy oor. “What girls are you referring…” begin Jonathan met ‘n grynslag, maar sy gesig verwring in pyn en sy sin verander in ‘n hoë gil soos die mes regop in sy linker bobeen gestamp word. Toe hy ophou gil en hygend na sy asem snak vra Felix weer. “Where and when is the auction?” Jonathan staar na die bloed wat op sy bobeen beginuitsypel. Hy is spierwit en sweet skielik verskriklik. Sy mond is kurkdroog. Hy probeer iets sê maar die woorde wil nie uitkom nie. Skielik word die mes in sy been gedraai en vuurwarm pyn skiet weer deur sy liggaam. Hy gil weer en sy blaas loop vaself uit. “The…the…The Lodge…The Lodge in Limpopo” hyg hy en byt toeoë op sy tande. “Entry pass and deposit?” vra Felix weer en Jonathan sien hoe sy hand weer die mes begin stywer vashou. Hy antwoord vinnig “Fivehundred thousand US in cash at the door, password is Wabichi, please, no more…please…tonight at eleven…please no more…I know nothing…” begin hy smekend hyg toe hy sien dat Felix voor hom staan en besef dat hy al die informasie gegee het en niks meer het om homself mee te verdedig nie. Soos Felix die mes uittrek byt Davids op sy tande terwyl trane teen sy wang afrol en spoeg uit sy mond drup. Hy gooi sy kop agteroor en maak sy oë vir ‘n oomblik toe. Hy sien nie die vinnige swiepslag van Felix se lem nie, voel skaars die sny aan sy keel, maar besef skielik dat hy geen klank kan uitkry of asem inskry nie. Sy kop sak vooroor, sy oë wyd gerek van verbasing, sy mond hang oop, die bloed stroom uit die sny aan sy nek en sy voete skop onwillekeurig slap teen die onderkant van sy lessenaar, en dan raak alles vir Jonathan Davids baie donker hy verslap in sy stoel, sy hande steeds vasgemaak, en dan gaan hy met ‘n roggelklank dood.
Daniel stap vinnig die trap af. Sy selfoon reeds in sy hand. Hy trap oor die bewustelose Derek en begin aan die Kolonel rapporteer. “The Lodge, Limpopo, vannaand elfuur. Ek het vyfhonderdduisend dollar kontant nodig om in te koop. Daar moet ook skoongemaak word by The Place. Die eienaar het ‘n spraakprobleem en die uitsmyters slaap altwee aan diens”. Hy klim in sy bakkie en ry na die woonstel. Daar is heelwat beplanning wat voor vannaand gedoen moet word, en net 16 ure om dit te doen.
(word vervolg)
© Grootvissie
Januarie 2018
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.