Jongste aktiwiteit:

Steurnis hier binne my (opgedra aan ‘n meisie)

innerlik voel ek die vuil in my
ek was en was en was
trane biggel oor my wange
dood het hier binne kom lê

ek wil uit dit kom maar hoe
die vuilis met sy kloue
het rondgetas my selfbeeld
diep geknou vreesaanjaend

met leuens het jy gekom
my in jou swetterjoel ingetrek
jou beeld onomwonde
‘n afskuwelike pyn wat agter bly

ek haat wat jy aan my gedoen het
my liggaam vervloek in een oomblik
met waarskuwings het ek gekeer
maar jy het steeds voort geploeter

gevat het jy, wat jy swernoot nie verdien
doelbewus is my lewe plat getrap
maar sit gaan jy sit want ek nog lank nie klaar
My siel uitgeruk in een gillende oomblik

die haat in my vir jou daad onvergeetlik
betreur ek geen oomblik dat jy moet boet
starende staar ek na vore vasgevang
peinsende snelheid klop my hart

vergeet moet ek vergeet, maar hoe doen ek
jou tasbare vuil reuk, jou kloue die oomblik
wat ek eerder in die aarde wil wegsink
jou ongenaakbare beset my lewe

weg wil ek kom vasgepen in ongenaakbaarheid
skreeu my hele wese hoe kon jy uitvaagsel
en speel die oomblik oor en oor in my gemoed
hoe maak ek ‘n bestaan want almal kyk agterna

besef ek groot my pad meskien nou vuil
maar hier diep in my wese weet ek eendag
gaan ek skoon daaruit meskien nie vergete
maar beslis in my nie meer gekrenk

Louisa van Vliet




Ek is n kind van God en is Jesus Christus my alles. Ek baie ingesteld op die waarheid en is heeltemal gekant teen leuens. Opregtheid en Eerlikheid is n passie by my. So wat ek in my gedigte en stories bring, is op die waarheid gebaseer. Alles wat my in die lewe geraak het, bring ek in my gedigte uit. Ek is n Afrikaner en murg en been. Wat jy sien, is wat jy kry. Spontaniteit en vriendelikheid is my lewe. As jy op my tone trap, gaan jy my beslis van hoor. Ek se n ding reguit en draai geen doekies om nie. My gehoorsaamheid word aan God die Eer gegee, want Hy is in beheer van my Lewe.

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • Anze het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • MC Horak het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • MC Horak het ‘n nuwe publikasie gemaak