Jongste aktiwiteit:

Die Handel en Wandel in Jesus

Onse Here Jesus Christus
40 dae en nagte van woestyn
gerig in die noodlot van satan gewis
gelouter met elke satansgier

bereik Hy steeds die Koningskroon
want gewis met elke vraag aan Hom
trap satan beslis in sy spore rond
want in Gees van God is Jesus beslis

word ons ook so in die woestyn geplaas
en elke toets aan ons verloor ons
ewigheidswaarde toevertrou aan satan
met ons wapenrusting vergete in Jesus

ons handel in satans paaie beslis
en gewonne die stryd in Jesus se wandel
groot is die Eer aan ons Vader gerig
en Jesus opeindig aan die regterkant van God

laat ons handel en wandel in Jesus
gewis wees om ook te eindig by ewige rus
aan die regterkant van Onse Vader
herleef ons dan die Nuwe Jerusalem

Louisa van Vliet




Ek is n kind van God en is Jesus Christus my alles. Ek baie ingesteld op die waarheid en is heeltemal gekant teen leuens. Opregtheid en Eerlikheid is n passie by my. So wat ek in my gedigte en stories bring, is op die waarheid gebaseer. Alles wat my in die lewe geraak het, bring ek in my gedigte uit. Ek is n Afrikaner en murg en been. Wat jy sien, is wat jy kry. Spontaniteit en vriendelikheid is my lewe. As jy op my tone trap, gaan jy my beslis van hoor. Ek se n ding reguit en draai geen doekies om nie. My gehoorsaamheid word aan God die Eer gegee, want Hy is in beheer van my Lewe.

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed