Jongste aktiwiteit:

Stukkie bewondering

silwer stroom die water hoog
van berge in aardse gronde
skeppings uit wonderbare
Almagtige hande gevorm

elke tak en blaar en boom
word gevoed uit hemelryk van bo
klein en verskans word ek deel
van ‘n stukkie bewondering

in die natuurskoon van fyn druppels
sproei oor my liggaam gesprei
‘n paadjie deur bome gekloof
na die oopte van ‘n dam gevorm

sien ek my weg oop met denke
aan ‘n plekkie alleen saam met Hom
waar my siel skuiling vind
word gedagtes en aanbidding

in stilte gevorm saam met my
skeppings Heer in ootmoed aan Hom gewy
blou skyn die wolke met genade
voel ek Sy teenwoordigheid naby

Louisa van Vliet




Ek is n kind van God en is Jesus Christus my alles. Ek baie ingesteld op die waarheid en is heeltemal gekant teen leuens. Opregtheid en Eerlikheid is n passie by my. So wat ek in my gedigte en stories bring, is op die waarheid gebaseer. Alles wat my in die lewe geraak het, bring ek in my gedigte uit. Ek is n Afrikaner en murg en been. Wat jy sien, is wat jy kry. Spontaniteit en vriendelikheid is my lewe. As jy op my tone trap, gaan jy my beslis van hoor. Ek se n ding reguit en draai geen doekies om nie. My gehoorsaamheid word aan God die Eer gegee, want Hy is in beheer van my Lewe.

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed