Die Vrou – my vriendin
Ek spartel tussen woorde van mooi
en spesiaal –
maar tog is jy my egte “awesome pal”.
Koppe het ons geskuur … ja
tot jou binne mens ontluik
en jou omgee blom –
al neig mensdom om te knak
te oordeel en aan te plak,
is jy altyd daar sonder om te vra
deel jy jou hart en traan
voordat ons verder gaan
‘n regte omgee tweede ma.
Splinter jou eie hart …
verskuil jy die seer
want jy sal veel eerder gee,
jy glo aan reg en perfek
en haat ‘n oneerlike defek
in valsheid van aard.
Jy leef vir elke geboorte van die daeraad
en dra die sonlig…
deur die donker holtes van verraad,
gee ‘n tweede kans vir ‘n mislukte
probeer –
gee altyd moed vir ‘n bedrukte
maat,
Tog huil jy alleen
my beste vriendin –
wyl jy “nog”jou skouer leen.
Dankie vir jou
in my oë,
‘n goeie vrou.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.