Galgeit
In jou woud van rustigheid
verdrink ek aan verlatenheid
uitgelewer aan wind en weer
‘n siel skrynerig van seer
Gedistansieer my gevoel met werklikheid,
versonke in my eie vergetelheid,
pynsend – afsonderlik
gedagtes – afgrondelik
Dwaal ek tussen hede en verborgenheid,
dronk van die lewe se ongenaakbaarheid,
staan ek naak…
onder die suiderkruis wat waak.
My blom gepluk –
wortel en al uitgeruk,
my hart gebreek
in bloed geweek.
Swartgaligheid rinkink
wyl ek bitterheid drink
deur geluk verloën,
met ‘n traan omsoom.
Verskans in my mymering…
waar ek sit onder skemering,
wyl ek na jou soek,
verstrengel deur oerkreet se vloek.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.