Avondskelk sonder woord
Die Avondskelk van jou liefde het my gevoed
nadat doodskaduwee van my gedors het…
daar het jou aanraking my flenter gemoed
gebalsem teen natuur se aanslae en wet,
jou lag was my baken wat oor horisonne strek
en ek het geglo vreugde is my tog beskore
al was ek eens totaal en al verlore,
met die son wat soos ‘n fakkel vooruit trek –
waarom moes hartseer weer sluimerend
in die dieptes lê en woed?
Dagbreek het een oggend ontplof soos ‘n vloek
en die stille waters van ons huweliksboot
het ontaard in ‘n doodsengel wat na lewe soek,
elke sonstraal was geblus met die nuus van jou dood…
jou lag was gekelder, ons skatkis sonder woord,
doodskaduwee het weereens sy sin gekry
voordat ek kon glo ek is van hartseer bevry,
nou sit ek soos Job met trane wat reën soos skroot
en wag soos ‘n drenkeling vir die nooiensvaart
van ‘n gekelderde hart wat spoorloos radar soek.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.