Die spore op jou wang
be-aard, diep gekeepte lyne
van pyn en onthou
wit gekalkte spore – verbrand
merkbaar om hemelblou.
gisters af geëts versonke poele
deur donker emosies verwond
het hartseer hom tuis gemaak
vervalle gelaat van smart
met jare se verweer ongekend
nagte alleen se huil
eensaam afgewend
kykers soekend na môre se niks
blink vaal jou blik
tastend, soekend op grys grou
spart’lend tussen traan en slik
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.