Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Sou die savanna my wil vertel …

Deur Adele Theron
Datum gepubliseer: 2 Maart 2018 Aantal woorde: 141 412 Kere gelees 10

Sou die savanna
my wil vertel
van daardie nag
se vlammehel,
kan ek net luister …
ook engele weet
God sal sy skepping
nooit nie vergeet

Dit was reeds donker
met ligte wind
toe mensehand
die plaasgrens vind
verstandloos bedwelm
ondeurdag sy dade
slegs ‘n sieklike grynslag
oor die wye skade
vind vroeë dagbreek
net stoppels gras
die weiding verbrand
tot gitswart as
woedend spel oorheers
in elke boerehart
wild en vee se lyding
bring diep intense smart

Vier maande later
het dit alweer gereën
wei bok en bees
oor die geil veld heen,
laat wind die gras buig
en vloeiend wieg
kniel ons neer
om voor Hom te bieg
ons emosies wipplank
heen en weer
gedagtig aan die belofte
van die Heer
wat Hy vir ewig
met ons bind
sal ons ook – vir jou –
vergifnis vind

©adéle




TEMAS
1 Kommentaar
  1. Anze

    3 Maart 2018

    Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Maart 2018 – Digkuns projek

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 49
Kommentaar telling: 7

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 180 gaste aanlyn

Bydraes – Argief