DIE VYF MILJOEN RAND MOORD HFSTK 11
. HOOFSTUK 11
Kas skakel eers Stefan se prokureur en reël met hom dat
hy by is met sy besoek aan Stefan in die selle. Murray wou eers nie maar toe Kas hom meedeel dat daar nuwe getuienis is wat hulle dalk kan laat oorweeg om n verklaring af te lê stem Murray in.
Toe hulle in die onderhoudskamer by die aanklag kantoor gaan sit is Murray se eerste vraag: “Kaptein wat se nuwe inligting het jy om my kliënt tot n verklaring te beweeg. Jy weet mos hy maak van sy swygreg gebruik”.
“Mnr. Murray ek het n verklaring van sy minnares wat sy ons vertel het wat gebeur het. Sy het alles oor hulle verhouding in die verklaring beskryf waarin sy beweer dat jou kliënt haar die stilswye wou oplê omdat hy bang is vir die inkriminerende getuienis wat sy teen hom kan lewer om te bewys dat hy die ongeluk gereël het”.
Murray kyk vir Stefan wat sy kop skud en dan antwoord Murray: “Kaptein my kliënt bly by sy swygreg”.
Kas vou die twee koerante het oop by die berigte oor Langes en gee hulle tyd om dit te lees voordat hy die spyker begin dryf: “Menere in die kringe wat Langes Naude beweeg is vyf duisend rand baie geld. Ek is seker dat ek hom voor vanaand gaan hê want iemand gaan sy skuilplek verraai en dan is sy doppie geklap. Sy soort is maar dom en ek is seker hy sal sing soos n kanarie as hy bietjie gedruk word. Ek gee mnr. Botes n laaste kans om met die waarheid vorendag te kom voordat ek vir Langes Naude in die hande kry”.
Stefan Botes skud sy kop: “Kaptein ek sit vandag onskuldig hier. Ek het niemand opdrag gegee om met Laurika se motor te peuter nie. Ek sit hier omdat ek aangekla word van poging tot moord op Chantal de Beer waarop ek n skulderkenning sal doen maar waaragtig ek is onskuldig aan my vrou se dood”.
Op daardie oomblik kom daar n boodskap opKas se selfoon. Hy lees die boodskap en kyk op met n glimlag: “Menere ek het julle gesê iemand gaan Langes Naude weggee. Hier het ek nou n boodskap gekry met die adres waar hy is. Julle moet my nou verskoon want ek gaan hom nou haal”.
Antoinette du Bois gaan Sondag oggend vroeg uit om te gaan melk koop toe sy die hoofopskrif in die koerant sien. Wat haar aandag trek is Langes se foto en koop sy die koerant om saam te neem. Sy wil dit vir Langes gaan wys maar besef sy ook dat, alhoewel sy niks met die besigheid te doen het nie, sy maklik sou betrek kan word, veral as Chantal de Beer dit noem dat sy haar besoek het en n eis van honderd duisend rand gestel het. Antoinette besef ook dat met die goue gans agter tralies, die kans dat hulle die honderd duisend rand gaan kry nul is.
Sy begin in elk geval ook stadig maar seker moeg raak vir Langes wat op haar nek lê sonder om geld in te bring want met die dat hy nou laag moet lê kan hy nie sy gesig in die openbaar wys nie uit vrees dat hy erken sal word en iemand die polisie n wenk sal gee. Haar pensioen van haar oorlede man is ook nie van so n aard dat sy gerieflik kan lewe nie, wat staan nog vir nog n persoon sorg.
Vyf duisend rand is nie te versmaai nie en as sy nou Langes verraai kan sy die vyf duisend rand inpalm en sommer van Langes ook ontslae raak, sy moet nou net haar kaarte reg speel. Sy is in elk geval moeg vir Langes wat nou net drink en rook en sy moet hom van drank en sigarette voorsien. Die vyf duisend rand wat hy gekry het om met Laurika se motor te peuter is opgebruik en is hulle nou weer terug op haar karige inkomste.
Sy sal egter vinnig moet optree voordat iemand anders Langes weggee en die vyf duisend rand inpalm. Ook die kassier by die geldlaai, wat Antoinette redelik goed ken sien die foto raak en merk op: “Maar dit is mos jou boyfriend wat hulle hier soek”.
Antoinette antwoord terug: “Nie meer nie, ek het hom weg gejaag want ek kan nie vir hom ook sorg nie”.
Toe sy by die woonstel kom gooi sy die koerant voor Langes, wat met n bier in die een hand en n brandende sigaret in die ander hand sit, neer terwyl sy regoor hom gaan sit en hom vraend aankyk.
“Wat nou Langes. Hulle het die goue gans toegesluit toe hy Chantal probeer vermoor het. Ons kan maar vergeet van daardie honderd duisend rand, dis neusie verby. Dit lyk egter nie of sy jou verraai het nie want dan was die pote al hier om jou te kom haal en dit lyk ook nie of sy jou telefoon nommer vir hulle gegee het nie want dan sou hulle jou al gebel het”.
Antoinette kyk hom aan en vra: “Langes wat gaan jy doen om geld in te bring? Jy het nie werk nie en jou drug deals kan jy ook nie doen nie want jy kan nou nog minder jou gesig op straat wys. Iemand gaan jou herken en sy bene breek om jou weg te gee om daardie vyf duisend rand in die hande te kry”.
Langes wat sitlê met sy voete op die koffietafel vat n sluk bier en n trek aan sy sigaret terwyl hy sy skouers optrek: “Ek kan niks daaraan doen nie. Jy sal maar met my moet sit tot ek weer my gesig kan wys”.
Dit is die oomblik wat Antoinette rooi sien wat aangedryf word deur Langes se traak my nie agtige houding. Sy gaan kamer toe, sit haar handsak op die bed neer, haal haar selfoon uit en gaan toilet toe. Sy het die nommer in die berig gememoriseer en toe sy op die die toiletsitplek gaan sit tik sy die nommer in.
“Ek is Antoinette du Bois. Langes Naude is by my in my woonstel. Tweede vloer, tweede woonstel, Sonskynwoon stelle in Yardley straat. Kom haal hom”
Nadat sy die boodskap uitgevee het kom sy kombuis toe met haar selfoon in haar sak en gaan aan met skottelgoed was sonder om n woord te sê. Sy hoop net dat hulle Langes gou sal kom haal.
Kas Dreyer laat nie op hom wag nie. In die aanklag kantoor kyk hy vinnig op die groot kaart van die stad wat een hele muur bedek. Hy kry die adres gou en gee twee konstabels opdrag om saam met hom te kom vir Langes se arrestasie. Hy ken Langes nie en verwag dat die man hom dalk teen arrestasie kan verset.
Toe hulle by die woonstel kom staan die deur oop met net die veiligheidsdeur gesluit. Toe Kas klop is daar n vinnige beweging in die woonstel wat Kas duidelik hoor en dan kom Antoinette na die voordeur toe. Sy weet dadelik waaroor dit gaan en sluit vir hulle oop om in te kom.
Antoinette praat sag: “Hy het in die badkamer gaan wegkruip toe jy geklop het kaptein”.
“Het hy enige wapens by hom”, vra Kas sag.
Antoinette skud haar kop en Kas stap na die badkamer deur toe: “Meneer Naude, ek is kaptein Kas Dreyer van die polisie. Ek weet jy is daar binne en jy kan maar uitkom want ek wil jou polisiekantoor toe neem vir n paar vrae vra oor die ongeluk waarin Laurika Botes dood is”.
Langes oorweeg sy opsies n paar oomblikke. Dan maak hy n fout, hy aanvaar dat Dreyer alleen is. Hy ruk die badkamerdeur oop en storm vorentoe met die hoop om Kas uit die aarde uit te loop want hy aanvaar dat Kas voor die deur staan. Kas was slim genoeg om pad te gee en loop Langes hom in die twee konstabels vas wat hom grond toe bring en hom boei. Nada hulle hom geboei het tel hulle hom regop.
“Meneer Naude ek arresteer jou vir die moord op Laurika Botes. Konstabel lees hom sy regte voor”, en daarmee wend Kas hom tot Antoinette: “Antointte du Bois?” vra Kas.
Sy knik haar kop en steek haar hand uit: “Dit is ek kaptein Dreyer. Ek het jou gekontak om hierdie man te kom haal want ek is moeg om vir hom te sorg”.
Langes kyk Antoinette met woede aan en hy probeer vorentoe storm maar die twee konstabels het hom stewig vas. Al wat hy kan doen is Antoinette toesnou: “Jou lae bliksemse teef. Ek gaan jou fokken doodmaak as ek jou in die hande kry”.
Kas kyk vir Langes: “Stadig nou mnr. Naude, moet nou nie dat ek jou sommer op n dreigement vir moord ook aankla nie. Konstabel, vat hom weg ek wil nog met juffrou du Bois gesels en kry sommer n patrolliewa om julle te kom haal. Ek sal die dossier kom oopmaak as ek by die stasie kom”.
Langes word uitgelei en Kas draai weer na Antoinette toe: “Juffrou du Bois wat weet jy van die noodlottige ongeluk waarin Laurika Botes dood is”.
Antoinette glimlag: “Alles kaptein, ek sal jou alles vertel wat ek weet. Terloops kaptein dit is nie Stefan Botes wat Langes opdrag gegee het om met Laurika se motor te gaan peuter nie, dit was Chantal de Beer wat hom die opdrag gegee het. Ek stel voor ons laai haar sommer op oppad polisiestasie toe op en dan kan ons rustig daar in jou kantoor gaan gesels.
Kas skud sy kop: “Daar moet n vrouekonstabel by wees om haar te deursoek. Ek gaan jou na my kantoor toe neem waar jy vir my n verklaring kan uitskryf terwyl ek haar gaan haal”.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.