DIE WIEL DRAAI HFSTK 22
HOOFSTUK 22
As 1966 beskou kan word as die jaar wat die lewe vir almal op sy kop omgedraai het kan 1967 as die jaar beskou word wat almal se lewens in n nuwe rigting gedraai het.
Marietjie het haar bedanking ingedien en het sy einde Desember klaar gemaak om boervrou te word.
Daar is begin met die elektrifikasie van die Bethlehem Harrismith lyn en is Hans een van die wat moet Esselen park toe vir sy drywers eksamens.
Bernard en Marietjie trou die naweek voordat Hans Esselenpark toe gaan vir sy drywerskursus.
Die aand voor haar troue skryf Marietjie n haar dagboek: “Liewe dagboek. Dit is die laaste keer wat Marietjie Struwig in jou skryf. Van more af sal dit Marietjie Vosloo wees, Bernard se vrou. Ek gaan my hele lewe aan hom wy en vir hom alles in die lewe wees want ek het hom lief met alles in my. Dagboek maar ek sal nog steeds sorg dat Boskop terug kom na die Struwigs toe al is ek Bernard se vrou en hy gaan ons help”.
Dit is n swierige geleentheid, die Vosloos is vername mense op Senekal, en het Andries Vosloo sy hand diep in sy sak gesteek om vir hulle n spogtroue te gee.
Die troukar is n bloedrooi 1957 Chevrolet Impala afslaankap van een van die boere. Toe die Chev op die kop vieruur voor die kerk stop is Hans gereed vir haar om haar die kerk in te bring. Toe die troumars begin speel kom Marietjie aan Hans se arm die gang afgesweef. Geklee in n lang wit trourok met baie kant om die hals en kunsblom in die hare lyk sy vir Bernard soos n koningin onder haar sluier. Een van Bernard se neefs is stroooijonker en een van sy niggies strooimeisie..
Bernard word met oë gelaai met liefde aangekyk nadat Hans haar oorhandig het en sy by Bernard inhak en saam met hom voor die preekstoel gaan staan. Die hele tyd staan sy by Bernard ingehak en luister sy intens na die predikant se boodskap en die huweliksformulier toe dit gelees word. Toe sy sê ja op die predikant se vraag wat haar antwoord is bedoel sy dit uit haar hart uit.
Die onthaal is ook n spog geleentheid en is dit baie laat voordat die bruidspaar in die hotel in hulle kamer tot rus kom. Hulle vat vroegoggend die pad Durban toe vir n paar dae. Hans en Elsabe, asook Jannie en Ronel is laat aand terug Bethlehem toe. Dit is die volgende middag voor Hans gaan werk wat Elsabe opmerk: “Sjoe die huis is leeg sonder Marietjie, ek gaan haar mis”.
Hans se antwoord aan haar is: “Gelukkig is jy nie alleen as ek by die werk is nie. Babatjie is darem saam met jou en jy moet jouself oppas, jy dra Boskop se erfgenaam”.
Dit herinner Elsabe aan die afskeidswoorde van Marietjie wat presies dieselfde woorde geuiter het.
Bernard en Marietjie is net n paar dae weg vir hulle wittebrood en is dit die eerste aand wat sy haar intrek op Boskop geneem het as mevrou Vosloo wat sy haar dagboek vinnig deur die dag nadertrek: “Liewe dagboek.
Ek is op Boskop om hier te bly as Marietjie Vosloo. Ons het n wonderlike paar dae by die see gehad vir ons witte brood en nou is ek terug om my stempel op Boskop te begin afdruk en nou ernstig daaraan moet werk om Boskop terug te kry vir klein Dirk Struwig. Ek is seker daarvan dat Elsabe n seuntjie verwag, moet my nie vra hoe ek weet nie, ek weet dit net.
Dagboek die saak teen Willem Roets kom April maand voor. Ek het vir Bernard gesê dat ek die hofsaak gaan bywoon. Gelukkig stel Willem so min in my belang dat hy nie eers ons troue bygewoon het nie, al het Bernard hom genooi. Dit pla my nie en ek het myself voorgeneem dat ek myself beter aan hom gaan voorstel aan hom na die hofsaak. Dan wil ek voor hom gaan staan en sê: “Ek is Marietjie Struwig, Dirk Struwig se dogter wie se plaas jy jare terug afgebrand het en die volgende jaar met die bankbestuurder gekonkel het om die verband op te roep”.
Intussen gaan ek vir Bernard n goeie vrou wees en hom al my liefde gee want ek raak by die dag net meer lief vir hom. Hy dra my behoorlik op die hande en oorlaai my met liefde. Hy verdien net die beste en as ek klaar is met Willem Roets sal ek sorg dat ons ons eie plaas kry. Dit is Bernard se hartsbegeerte en ek sal sorg dat hy dit kry, n nalatenskap vir ons kinders”.
Dit is die dag nadat hulle terug is wat Willem Roets se bakkie voor die stoor stop waar Bernard besig is. Na n rukkie kom hulle uit die stoor uitgestap huis toe. Marietjie hou hulle deur die venster dop en is haar eerste vrees dat Willem uitgevind het van Bernard se betrokkenheid maar slaak sy stilweg n sug van verligting toe hulle die kombuis instap en Bernard haar vra om vir hulle tee te maak. Willem wens haar geluk met hulle troue en heet haar welkom op Boskop.
Onder die tee drinkery kom sy agter dat Willem baie vol van homself is. Hy sit net die hele tyd en spog oor sy plase maar hy rep nie n woord oor die komende hofsaak nie. Dit is net een slag wat sy agterkom dat Willem haar lank en intens aankyk, vermoed hy iets?
Hans is na die troue kollege toe vir sy drywerskursus.
Vir Elsabe is dit die langste tyd in haar lewe. Die weke is vir haar net te lank sonder Hans en kan Saterdagoggende vir haar nie vinnig genoeg aanbreek wat Hans huis toe kom nie. Die ou tydjie saam is egter so bitter kort tot hy Sondagaande weer die trein moet haal kollege toe. Hulle is vier senior stokers wat die kursus doen en raak sy bevriend met een van hulle se vrouens wat net so twee huise van hulle af bly. Dit help om die alleen deur die week te verlig.
Alle dinge kom tot n einde en breek die laaste Saterdagoggend ook aan wat Hans van die trein afklim.
Deur die oggend gaan hy gou loko toe om te gaan aanmeld en is dit toe hy oor die spore stap roosterkantoor toe wat hy sien hoe dinge in sy afwesigheid verander het.
Langs sommige lyne het sementblokke verskyn vir die maspale vir die elektriese drade. Vanoggend toe die trein die stasie intrek het hy dit ook in die stasie gesien dat daar gate vir die sementblokke begin verrys.
Die roosteropsteller boek hom sommer dadelik vir Maandag op die rangeer om saam met n ander rangeer drywer te stook en is sy woorde: “Hans, dit gaan net vir so twee dae wees dat jy net weer touwys raak op die rangeer. Dan wil ek dat die lokoinspekteur jou uitpasseer dat ek jou op die rangeer as drywer kan gebruik”.
Die Maandagoggend toe Hans aanteken teken hy as stoker aan vir een van die ouer geslaagde stokers wat op die rangeer dryf. Die kombi vat hulle dadelik terrein toe en gaan laai hulle by die waterkolom af waar die nagskof personeel vir hulle wag om afgelos te word. Die eerste wat Hans dadelik opmerk is dat die lokomotief n 15AR is. Die twaalf klasse is n jaar terug vervang.
Hans begin dadelik met sy voor bereidings om die vuur reg te kry, die lubricator vol te maak en seker te maak dat die kolewa vol water is.
Sy volgende verrassing is toe die voormanrangeerder hulle kom haal en n loopgeselser aan die drywer oorhandig, die dae van handseine is verby. In die week wat hy vir die man stook kom hy gou agter dat met die koms van loopgeselsers rangeerwerk n nuwe bedeling betree het.
Na n week word Hans die eerste oggend op die rangeer geboek as drywer, vir hom n trotse dag. Saam met hom is n jong stokertjie, “Windhond” Gert Olewagen. Hy word windhond genoem omdat sy pa se naam ook Gert is en die is n drywer met die naam van Boerboel Olewage, n blok van n man in skrille teenstelling met sy klein maer seun. Die oggend toe hulle by die lokomotief kom begin Hans dadelik met ghries en olie. Windhond spring ook aan die werk met sy pligte en toe Hans opklim wag die koffie al, die vuur is reg en die witveer staan, stoomdrukmeter bewe op 210 kpa, en die peilglase is net onder half. Windhond ken sy storie en kom Hans gou agter dat hy n raakvatter is.
Hulle is nog besig met hulle koffie toe die rangeerder die loopgeselser bring en Hans hang hom op. Ook net opgehang of die stem kom: “More drywer. Die rangeerder gaan julle omvat om nr. 3 pad te skop. Swaar vrag sal moet vasvat in die rangeernek in”.
Die rangeerder by hulle sê vir Hans dat hulle kan uitgaan en Hans maak die remme los. Vakuumnalde klim na 17 dm toe en Hans stoot die omsteller vorentoe, trek die regulateur so kwart oop. Die AR reageer met sagte kort blaffies, hulle blaf vinnig want die trekwiele is klein. Oor die wissels stop Hans, die rangeerder draai en hulle hardloop deur n skoon pad om om te gaan koppel.
Met die vorentoe beweeg om te koppel kom dit oor die loopgeselser: “Koppel drywer, nog drie bogies af. koppel twee bogies af, koppel naby nou, koppel, hokaai”. Hans gooi sand om te help vastrap as hulle terugkom. Die AR stamp vas en die vakuumnaalde sak toe die rangeerder die rempypype breek om dit deur te sit op die voorste trokke.
“Reg drywer as die briek reg is kan jy maar wegvat nek toe. Wissels is reg agter” kom die stem oor die “talkie”.
Hans stoot die omsteller terug, trek so effens oop dat hulle kan vasvat en dan amper voloop. Die AR reageer gewillig en vat vas. Stadig kom hulle in beweging en kom die eerste kort blaffie. Die stoomdrukmeter ruk n slag en dan begin die AR aanstap met die vrag. Hans luister fyn en as sy wil gly stoot hy n slag toe om die gly uit te haal en trek dan weer oop. die blaffies begin vinniger op mekaar volg en die rook trek op maat van die geblaf in die lug in. Nie lank nie en die stem kom oor die talkie: “Ons is amper oor drywer stadig nou”. Hans stoot toe en begin effens rem tot die stem kom: “Hokaai’ waarop Hans vol rem aansit en hulle tot stilstand kom”.
“Afskop” oor die talkie en Hans stoot vorentoe, trek oop en die AR stoot. Kort kort is dit hokaai oor die talkie soos die trokke op die verskillende lyne inloop en daar eers gewag moet word dat hulle oor die wissels is. Paar keer moet hulle terug trek om weer ruimte tussen die punt van die vrag en die wissels kry. Soos die vrag ligter en korter word gaan dit al vinniger en toe hulle hiermee klaar is moet hulle eers n ruk stilstaan vir n trein om in te kom en een om te ry. Daarna is dit dieselfde storie oor op n volgende vrag tot hulle uitstaan vir middagete en loko vat.
Hans se grootste beloning is toe hulle uitstaan die middag laat en die voorman rangeerder vir hom sê; “Dankie vir die dag drywer jy het goed gedoen vandag”.
Vir Hans raak die volgend paar weke n regte rondomtalie spul. Dan dryf hy op die rangeer, dan is dit weer pad toe vir n stoker. Hy kla egter nie en met die konstruksietreine wat begin loop aan die Harrismith kant word die rooster al korter en draai hulle met al minder rus uit. Gelukkig is die betaalstaat die einde van die maand die beloning en as Elsabe kla is Hans se antwoord: “Ons moet nou skep terwyl ons kan. Dit maak darem so bietjie op vir jou salaris as jy bedank het om huis toe te kom om voltyds ma en huisvrou te wees want jy gaan nie weer terug werk toe nie. Ek laat nie iemand anders my kinders groot maak nie”.
Op Boskop begin Marietjie haar eie stempel afdruk. Sy en Bernard leef vir mekaar en blom die liefde by die dag . Gelukkig kom Willem Roets min op die plaas en as hy die slag daar kom steur hy hom min aan Marietjie.
Marietjie het in die tyd voor die hofsaak weer n besoek aan die prokureur gebring en begin hulle spaargeldjies al meer raak. Bernard is ook ingelyf by die trust en het hy ook n bydrae gemaak wat die koop van Boskop al meer moontlik maak.
Elsabe begin al meer tekens van haar swangerskap toon en kom sy en Hans nogal dikwels op die plaas kuier. Marietjie word natuurlik ook in hierdie tyd broeis, veral as as hy hand so op Elsabe se maag hou en voel hoe skop klein Dirk. Dit gee altyd n groot gelag af as Marietjie sê: “Hy kom maar net solank sy erfporsie beskou”.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.