Die wind waai waar hy wil
Godgegewe tyd en plek
onvoorbereid was jy daarvoor bevind
Hy wat soos ń duif uit die hemel neerdaal
vind jy die lewende water wat vrede bring
want die wind het kom waai waar hy wil
strome van seën met water
wat nie met ń beker geskep kan word
die stem wat roep in die woestyn
kom gee Hy die volheid daarin
beseël jy die waarheid in jou glo
terwyl die gawe van God
jou uitlig uit die duisternis
lewende water wat jou dors kom les
want die ywer vir God se huis
het jou kom verteer in storms wat woed
terwyl die blou wolke breek
dink jy aan die Ridder op die wit perd
terwyl mense swets en skel
oor die veragtelike spel
en jou vlees en bloed stry verwoed
om oortreders te laat boet
vergifnis word vir jou gegee
want redding berus by ons Vader
wat wysheid bring ontvang jy die loon
vergader jy die vrug vir die Ewige lewe
@Louisa van Vliet
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.