Jongste aktiwiteit:

Mes in my rug

diep, baie diep het dit gesny
kon ek dalk vorentoe storm
en my geliefdes met houe gooi
maar stil het ek geraak
met trane my gevoel beheer
en terug gestaan dat hul verder afbreek

my gesig was vol lag my lewe lank
vrypostig het ek dit gedeel

met ‘n ieder en ‘n elk
ondeund was ek by tye
tot plesier van baie
maar ‘n dolk het kom vassteek

soveel so dat my hulp nou
net strek na hul wat opreg van hart is
hoe weet ek wie opreg is
hul wat Jesus met my kan deel
verslaenheid het by my gegroei
na hulle wat met vriendelikheid oorloop

uit my seer het ek geklim

vir ander met skerp tonge
die trekpleister van ‘n skinderbron
is die een met die meeste seer
wat verberg word onder ‘n kombers
want die volle storie ken hul nie

maak hul, hul eie storie op
en met genot trap hul verder
om die seer dieper te laat
maar min besef hul dat
daar iemand is in daardie persoon
wat die seer genees en staan ons op

in die krag van ons Here Jesus
wat gekom het vir hulle
wat die diepste seer beleef
ongegrond aan die fariseërs
wat wil maak en breek soos hul wil
kom lig Hy Sy kinders op

want op slange en skerpioene
kan ons trap in die krag van God

rol alles van ons af
soos water van ‘n eend se rug
wat verstaan die ganse wêreld nie
was dit dan nie Sy belofte aan ons

met die mes in my rug
het ek voort kon bou
my kop op gelig
en mense in die oë gekyk
want niks het ek om weg te steek
want Vader alleen het geweet

die ware storie daarin was ek vasgevang
en met leuens daar uitgeboender
vergesel ek my eie lewe
in die hart van verslaenheid
soveel so dat Jesus Sy arms oop gooi
en my met ‘n vurige omhelsing troos

maak Hy my rustig
en gee vrede in my hart

  • want fluister Hy saggies
    Ek is hier my kind
    die beste kom
    vertrou My..

    aan God die eer wat my optel
    en die lag weer terug sit
    en plek gemaak het vir ‘n nuwe lewe
    soveel so dat bitterheid
    nooit weer deel van my sal wees
    want vergifnis was die grootste medisyne

    in my Vader sal ek roem
    want red het Hy met oorgawe gedoen
    baie jare terug in die bloed van Jesus
    sal ek siëvier tot eer van God
    sterk het Hy my gemaak
    met genade groot aan my sy

    @Louisa van Vliet




Ek is n kind van God en is Jesus Christus my alles. Ek baie ingesteld op die waarheid en is heeltemal gekant teen leuens. Opregtheid en Eerlikheid is n passie by my. So wat ek in my gedigte en stories bring, is op die waarheid gebaseer. Alles wat my in die lewe geraak het, bring ek in my gedigte uit. Ek is n Afrikaner en murg en been. Wat jy sien, is wat jy kry. Spontaniteit en vriendelikheid is my lewe. As jy op my tone trap, gaan jy my beslis van hoor. Ek se n ding reguit en draai geen doekies om nie. My gehoorsaamheid word aan God die Eer gegee, want Hy is in beheer van my Lewe.

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed