verwagting
daglig sak af in sy nagtelike graf
stadig verkleur die horison blou
saggies waai windjie seelanges
bring heerlike sout gegeurde lug
see se geluide kom oor my duin
trek sag oor donker fynbos land
breek van golwe kraak die stilte
met reelmatige stakato klanke
lawaaierige vakansie gangers
breek deur die vroeg aandlug
braaivleis reuk teug deur lug
versprei oor duineveld in wind
op my duin is daar stille vrede
wat sal more se nuwe dag bring
onder son se nuutste geboorte
uit donker nagtelike moederskoot
©Teárlach
2 Kommentare
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
See-Jay-El
Tearlach, jy het iets ongeloofliks vasgevang in die eerste twee strofes van die gedig. Mens kan letterlik die see se spoel en terugtrek oor die sand ervaar, die sout in die lug proe. "Met reëlmatig stakato klanke," is 'n baie besondere beskrywing. Dit laat mens vies voel vir die versteuring wat in die derde strofe plaasvind, want die rustigheid van die eerste twee strofes ontbreek in die laaste strofe. Amper so kontrasterend dat "stille vrede" eintlik 'n onstuimigheid skep. Verskoon my kommentaar ek is geen ekspert. Maar jou eerste twee strofes van die gedig is werklik ongelooflik!