Jongste aktiwiteit:

Ek Droom

Die maan skyn dof agter die wolkesoom
Die waterspieël lê ysig en ek droom…

Ek droom van someraande
Van ons saamwees en ons reis,
Van ons lang verlede maande
In die newels van die grys…

En ek droom van sweet en passie
Van ons siele saam verstring
Toegedraai in nagwindjassie
Tot die son die more bring…

Ja ek droom van hoëveld nagte
Van die winterwind se kou
Van die saamklop van twee harte
In ons liefde toegevou…

Dan ontwaak ek en ek luister
As die na-nag wind kom waai
En die stories wat hy fluister
Voor die haan se eerste kraai…

Ek sien die maan verdof nou soos hy stadigaan verdwyn,
En in my hart bly net die eggo’s van ons liefde se refrein…

© Anton Bosch 13/03/2017




1 Kommentaar

  • See-Jay-El

    Dis besonders, Anton. Die hele gedig draal oor tyd. Dit laat die hoorder saam jou droom en verlore raak in tyd. Die pragtige beelde wat hier geskep word bevestig die knusheid van bekende liefde.

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed