Jongste aktiwiteit:

Generasies 1. : Sondes van die vaders

My dogter kuier by snobs,
hoor net van herkoms en verwante
en begin haarself te vergelyk.
Toe sê ek, jy’s ook darem iets,
Google hierdie oom se naam dan
kan hul op hul neuse kyk.

My ma het vertel van die wonderman,
hoof van drie fakulteite, net soveel doktorsgrade,
Voorsitter van die Akademie vir Wetenskap en Kuns,
die FAK, TRUK en talle ander rade,
internasionaal gereken en veral en bowenal –

WAT ‘n gentleman!

Ek kry toe op die Net byna ‘n hartaanval –
hy was so uiters geniaal,
hy was die mentor van Verwoerd,
Voorsitter van die Sensorraad,
en what have you, my shit!
(Wat sou hy van my tale sê, en dit?)
J.M. Coetzee en ander het gesê
hy was helemal stapelgek bemoerd,
paranoïes, obsessief, duiwels en drakonies.
Daar was geen ander tesis
ooit so rassisties in ons landsgeskiedenis.
So daar, my kind, hou dit tussen ons
dat hy jou ma se grootoom was,
die broer van haar oupa,

die EINTLIKE sadis!

Want Oupa het vir sagte Ouma
totentaal oordonder en regeer.
Hy het my pa, jou oupa, soos ‘n arbeider laat sweet,
sodat sy maats hom Wit Slaaf sou doop.
Oupa was in sy pa se klas op skool, moes als weet,
is verneder en uitgeskel, moes altyd eerste kom.
Ek onthou ek was skytbang vir hom!

Maar ek het nou geleer hoeveel sondes
word deur geslagte oorgedra –
trauma geërf – weer en weer.
Ek het geleer, ek het geleer, ek het geleer.
Jy kan my vandag maar enige iets vra!

©Charleine Collins 17 Desember 2018




2 Kommentare

  • See-Jay-El

    Sjoe, hier is 'n skerp reguit praat. Jou laaste strofe is 'n riller, wat mens laat regop sit. Baie subtiel konfronteer jy jou hoorder met die "sondes wat deur geslagte oorgedra word," Laat mens wonder oor die "ek het geleer..." Manjefieke sosiale kommentaar van sosiale klas to politiek en pedagogie en sirkel so inteiem tot teen die mens se hart.

    • Charleine

      Baie dankie, C. Ek skryf wat binne is na buite, net dit wat regtig is en dis partykeer seer en baie persoonlik - maar ek het tog gevind dat daar mense is wat daarby baat en mense wat selfs dalk daarvan hou. So ek hou maar aan :) en dis deel van my aktivisme. Ja, ek het geleer en dit kom so stuk-stuk aan die lig! Nogmaals dankie, ek waardeer jou kommentaar.

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed