Dieper Vrese
mynskagte staan
oor donker gate wydsbeen
hul beton voete vasgevang
in staal
klap klap gly die kas
binne ń staalraam
en sak die donker
diep gat diep
klipharde manne skuur
na donker werkplek af
omvou in klammure
van klip en staal
die makkers staan styf
stamp, aanmekaar
speel baklei en lag
in een vrees
2 Kommentare
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Christa D
Indrukwekkende gedig