
Betoog
die swart pad
verkleur in ń politieke palet
wat aggressief kleur verkoop
aan die massa
in die bondel
skopdans bene heuphoogte
vuiste bal en alles swaai
in die massa
in systraat winkels
slaan die skerms toe
alle verkope staak
vir die massa
in agter plase
is die hekke oop
en die werkers gesels
want die dagtaak is klaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.