Oudword se Liefde
Liefde ..
is dieper as my hart
nader as my vingerpunt
groter as my ik
mooier as ‘n Alpeviool
skoner as die see
ryker as die wêreld se guptas
meer glansryk as die duurste pêrel
ons is te jonk om te huil
te oud om nie nodig te hê nie
te wys om nie te praat nie
te slim om nie te weet nie …
Prinses se halo, Prinses se held …
ek lê jou sorgsaam en sag neer
saam met my
voor ons Pa se voete vir seën …
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.