drek
jou mondvrugte
vertel van jou hart
dit wat jy uitstort
oor medemens
genade vir jou naaste
afwesigheid van ‘n hart
wat verstaan – verplaas
met hart van klip
nalatenskap van jou
onge-ergde besluite
lê gesaai op ons land
verstrooi deur wind
bank bestuurder, balju
prokureurs wat skelmer
as houtjie van die galg
menselewens verswelg
bitter is jou smaak
in die boer se mond
slegter as die gal
van regter se galg
sal julle galbyters
ook eendag moet boet
voor Sy regstoel
moet verhaal ?
© Tearlach.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.