Jongste aktiwiteit:

eens

 

eens op ‘n tyd was daar vrede

daar was soveel uitdagings vir elkeen

net om aan die lewe te bly was genoeg

nuwe paaie te voet en met ossewaens

baanbrekerpaaie waarvan party

se spore vandag nog in rotse

gespoor bly lê

 

selfs toe moes mense veg om hul bestaan

maar eensgesinde hartsdrome was vooraan

in hul wêreld, wat vir ander wreed gelyk het

was daar berge om oor te gaan, riviere

om oor te swem, vlaktes vol ondiere

om oor te steek en te verken

daar was ‘n wil om te wen

 

vandag is daar geen meer vrede

almal word in ag geneem maar ook geminag

humanisme in sy ergste ilberale graad regeer

waarbinne menseregte nou staatsregte is

state word deur geldmagte bestuur

politici lankreeds verhandelbare

pionne op ‘n bose skaakbord

 

eens op ‘n dag gaan alles verdamp

verwerk word in hiërogliewe vir toekoms

van een of ander geslag wat dalk sal oorleef

wat dalk ondersoekend in die puin sal krap

onder rotse sal grawe, soek na oorsprong

en die verval van hierdie bedorwe

vervloë mense geslag

 

Ó Tearlach.




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed