Eensame ek.
As eensaamheid jou metgesel word
jou enigste vertroueling en vriend.
As jy in n kamer vol mense voel
jy is alleen.
Is die pyn in jou hart te swaar om te dra
die lewe te veel om te hanteer.
Angstigheid wat knaag
wat die lewe ondraaglik maak.
Die verlange na wat eens was
veraltyd nou verlore.
Die hoop vir vat kan wees
maar wat nie gebeur.
Soms die desperate gevoel van opgee
van net verdwyn uit die swart put van elende.
Om more nie weer te beleef
om eerder net te kan sterf.
Dan staan jy maar weer op
sit jou masker van gemak en geluk op.
Glimlag en gaan voort
want iemand het jou nodig.
Iemand het jou dalk lief.
4 Kommentare
-

Kiekies
Sjoe dis so raak geskryf!!
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Ronel Janse van Vuuren
Goed gepen.