Lewenspeserye
Lewenspeserye
Daaglikse noodsaaklike lewenstake
om den brode is onveranderlik, rigied,
lewensnoodsaaklik, want jy moet werk
om te kan eet en afhanklikes te versorg – – –
Jou werk kan ‘n kruis wees,
jou werk kan ‘n plesier wees,
maar dit bly steeds ‘n dure plig wat
‘n goeie stoflike lewenskwaliteit verskaf,
maar,
dis die klein dingetjies in die lewe
wat daaraan smaak en geur gee,
die lewenspeserye van geluk en liefde,
die geestelike speseryevlees wat die
pligskelet opvul en afrond soos daardie
glimlag, soentjie , liefdrukkie, al die
dankies vir liefdestakies en gunsies met
elkeen sy eie mate en reseppie, want
“ variety is the spice of life” – – –
Sonder al die geurige lewenspeserye
is die lewe vaal en smaakloos,
het dit geen sin – – –
Janetta – Helena [Babs] ©
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.