eenvoud
wit skuim borrel oor my voete
winterkoue water neem gou gevoel weg
verblou en verrimpel staan dit nou
skoon verleë op geel sand
gister en vandag kom nie saam
geen ontmoetings punt in gemeen
slegs die onmiddelike verlede
wat indruk maak op my lede
gister se vriende verdwyn
slegs kennisse bly nou nog oor
gesigte, glimlagte wat vloei
oor my bewustheid
in eenvoud van gedagtes
verdwyn gister se deinende golwe
oor die horison van vergetelheid
word my gedagtes hergebore
môre raak ook onbelangrik
wat nou gebeur, is wat nog tel
netnou is dit weer weg
wie is jy nou weer
Ó Tearlach.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.