blank van siel
saggies sif die reën nou neer
soos moeder se donskombers
oor my lyf op ‘n wintersaand
my vel is blank en bloesend
so is ek gebore en so ontvang
soos ‘n pienk roos knoppie
die wind probeer my wegwaai
donderweer wil my oorweldig
my wees bly dieselfde – ek is
geen stuifmeel sal my ooit wysig
selfs bye weet wat na my te bring
soos gedeë goud is ek onblusbaar
rook wolke staan op in argwaan
brute barbaarse stofstorms waai
bo alles sweef my siele blankheid
©Teárlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.