Jongste aktiwiteit:

Ek en jy

dis ek en jy vanaand
onder ń sterrekombers
het ons mekaar gevind

in die hemelruim
het ons gesweef op die wolke
elkeen se gedagtes
diep gefynkam

woorde was nie ter sprake
genoeg het ons oë vertel
terwyl ons in mekaar se arms

die sterre een vir een kon tel
en die liefde met mekaar kon deel
met die branderklank in ons ore
fluister ons vir mekaar
“Ek het jou lief”

@Louisa van Vliet..




Ek is n kind van God en is Jesus Christus my alles. Ek baie ingesteld op die waarheid en is heeltemal gekant teen leuens. Opregtheid en Eerlikheid is n passie by my. So wat ek in my gedigte en stories bring, is op die waarheid gebaseer. Alles wat my in die lewe geraak het, bring ek in my gedigte uit. Ek is n Afrikaner en murg en been. Wat jy sien, is wat jy kry. Spontaniteit en vriendelikheid is my lewe. As jy op my tone trap, gaan jy my beslis van hoor. Ek se n ding reguit en draai geen doekies om nie. My gehoorsaamheid word aan God die Eer gegee, want Hy is in beheer van my Lewe.

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed