Jongste aktiwiteit:

Die roep in die Woestyn

niemand het Hom nog ooit gesien
Sy Seun het Hom verklaar
terwyl Johannes uit erkening
verklaar dat hý nie Christus is nie
maar tog ook sê
dat almal wat Jesus aangeneem het,
aan hulle het Hy die mag gegee
om kinders van God te word

en woorde kom lê in my hart
dieselfde woorde as Johannes sin
ek is die stem van een wat roep in die woestyn….
dit is Hy wat na my toe gekom het
wie se skoenriem ek nie waardig is
om los te maak nie

maar in my hart weet ek
Hy is die Lam van God
wat die sonde van die wereld
wegneem..
beleef ek die Gees soos ń duif
wat uit die hemel neerdaal
het ek die doop in Hom beleef
want met die Heilige Gees
het Hy my ook gedoop
daarom kan ek ook getuig
dat Jesus die Seun van God is

daarom kan ek ook sing
die Lam van God
want deur Sy roep uit die woestyn
is vir Hom ń kind gebore
om die lewe van ewigheid te ervaar
weet ek, ek het ook die Mesias gevind

@Louisa van Vliet




Ek is n kind van God en is Jesus Christus my alles. Ek baie ingesteld op die waarheid en is heeltemal gekant teen leuens. Opregtheid en Eerlikheid is n passie by my. So wat ek in my gedigte en stories bring, is op die waarheid gebaseer. Alles wat my in die lewe geraak het, bring ek in my gedigte uit. Ek is n Afrikaner en murg en been. Wat jy sien, is wat jy kry. Spontaniteit en vriendelikheid is my lewe. As jy op my tone trap, gaan jy my beslis van hoor. Ek se n ding reguit en draai geen doekies om nie. My gehoorsaamheid word aan God die Eer gegee, want Hy is in beheer van my Lewe.

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed