Ek leef in filigraan
in fyn goudgesmeede filigraan
lê die komplekse etse van my bestaan
kartels en kurwes soos edelkant
blinkgevatte kruine gerond-elegant
klassieke artistiese motiewe gepatroon
kunswerk met unieke vingerafdruk bekroon
en al verswart aanpaksels elk’ onbereikbare groef
daar waar gossamer-vingervat selde vertoef
gee die donker kontras waar stof stilstaan
ʼn ryker glans aan my outentieke filigraan
Etna Wepener ©️
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.