Jongste aktiwiteit:

era(ata)


by afsterwe onthou ons
mooi woorde en koekies en tee
ai die onthou wat alles terugbring
die einde van ‘n koninklike era
die begin van onstuimige tyd
en nuwe koning gekroon
op drie en sewentig
sonder ervaring
van ware lewe

wat onthou ons dan nog
die konsentrasie kampe en dood
dertig duisend vroue en kinders gesterf
al die opgepomte seremonies van hul tyd
oorheersing oor soveel lande se erfenis
openlike diefstal van goud en minerale
bloedige oorloë in naam van die ryk
moet ek dan onthou wat goed was
wat was dan uiteraard goed

hang ons steeds die empire aan
die gemene reg/stelsel wat verguis
die “commonwealth” wat korrupteer
slaafse aanvaarding van volksvreemde
net so min as wat ons die zoeloe koning
aanvaar het as ons eie soewerein
net so min is hul koningskap
vandag vir ons iets werd
as hul lanfer kakofonie

©Teãrlach




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed