
Geraas
geraas se daeraad
kom van een klankie
wat bou na volle
donderweer
vurige onderonsies
verdra geen ander tesis
dit vul net ruimtes
met ń gedruis
sangers skree
herhalend oor rockorkes
terwyl ruk-ruk massas
vredeliggies brand
maak eerder musiek
as dié geraas
aan opbou is
met eie Jesebel
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.