Verspeelde talente
Verspeelde talente
geskryf deur Dale Penderis ©
Onvervulde drome
gisters vol spyt
verspeelde kanse
knaag die siel met verwyt
Oorversadigde denke
van drome nie geleef
bang vir die onbekende
dis dinge wat my laat beef
Onbewoorde gedagtes
my drome lê vas in my kop
gesigte van mense
emosie belaaid
beelde en denke in my siel gekrop
Ongeleefde gisters
blaaie vol gepen
ongesingde melodieë
wat net ekself herken
Gister is vergete, maar hiér is nou
in my kop is waar die verhoog is;
verspeelde talente
een kaartjie vir my one man show
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.