Geskenke (138 woorde)
Omdat ons geliefd is, word ons heeljaar lank bederf. As jou hart en oë oop is, sal jy Sy geskenke vir jou unieke gees beleef.
Ek hang die wasgoed op met ‘n hart wat so grondlangs sleep. Op die regte oomblik vang my oog ‘n muisvoël wat besig is om in die eerste reënwater te bad. Dit verskaf my dadelik plesier, gemeng met dankbaarheid, vir hierdie verrassingsgeskenkie.
Laatmiddag draaikolk donderwolke donkerpers bokant ons huis. Voor die kombuis venster verhelder Sy sonsondergang onverwags ‘n onstuimige wolk in geel en ligbruin. Spesiaal, net betyds vir my om te sien.
Kersfees herinner ons daaraan dat God ons eerste liefgehad het en die grootste Liefdesgeskenk ooit, gegee het. Gee hierdie jaar jou liéfde as geskenke. Dalk kan jy ‘n ekstra plek aan jou feestafel dek vir daardie iemand wat op Kersdag alleen gaan wees.
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, dankie vir jou bydrae vir Desember 2024 – Kersfees projek