Jongste aktiwiteit:

TOE ANTWOORD DIE KRANS

Tema: ’n Kerskomedie

Oom Jan is die trotse eienaar van ’n spog-wynplaas tussen die Bolandse berge. Een van sy jarelange getroue werkers se naam is Krismis. By monde van homself het sy ma hom as Krismis gedoop omdat hy op Kersfeesdag gebore is. Krismis is ’n opperste platjie in murg en been.
Oom Jan het by sy buurman se volk gehoor dat die natuur met woorde toor en dat die kranse op Oukersaande antwoorde op die vrae in die eggo’s van jou stem gee.
Oom Jan het dit nie geglo nie, maar tog besluit om dit in die geheim op Oukersaand te probeer.
Om seker te maak niemand sien hom nie, het hy aan sy werkers takies uitgedeel ter voorbereiding van die geselligheid saam met sy familie en vriende later op sy plaas.
Met sy luukse 4×4 bakkie betree oom Jan die klowe tussen die berge op sy plaas. Voor een van die hoogste kranse hou hy stil. Hy glimlag by homself terwyl hy dink: Ag, hoe belaglik. Dis seker nou weer ’n ‘tokolosie-mite’. ‘Ai!, die mense kan tog so bygelowig wees!’ sê hy hardop vir homself.
Uit volle bors skree hy ongelowig vir die krans. ‘Wie is jy daar’? Toe antwoord die krans. ‘Dis ekke, Krismis, my Oubaas!’
Oom Jan kan sy ore nie glo en skree vir ’n tweede keer, net om seker te maak hy het reg gehoor.
‘Wat maak jy daar?’
Toe antwoord die krans weer. ‘Ek vang ’n plasie, my Oubaas!’
——————————ooo000ooo—————————
©Pieter Mostert
[Silwer]
[Woordtelling = 247]




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed