Jongste aktiwiteit:

Kringloop

Kringloop

Die lewe is ‘n sirkel
wat beweeg van punt tot punt,
tot uitendelik weer by die punt
waar alles begin het.
My lewe was sorgloos
Maar die sirkel het beweeg en ek het jou ontmoet,
Jy wat my laat vergeet het van ‘n ander.

Die sirkel het egter weer begin draai
en ons soos vreemdes gemaak;
heeltemal te onbewus van mekaar,
elk besig om sy eie paadjie
uit te kap op die steil lewenspad.

Nou is die sirkel weer voltooi:
Weereens staan ons teenoor mekaar –
Maar slegs die sirkel van tyd kan ons sê
Wat hierdie mal déjávu van die liefde wil hê.

Yolande van Coller




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed