Jongste aktiwiteit:

Kupido

Kupido

Die snaar span styf om die boog;
Met ‘n trilling skiet die pyltjie los –
reguit en blitsig met die
effek van ‘n weerligstraal.

Die klein boogskutter glimlag en sit terug
om te kyk hoe die gif versprei;
Die simptome teen die tyd baie bekend.

‘n Versnelde hartklop,
‘n Hol kol op die maag,
‘n Aardige lighoofdigheid en knieë wat al te veel wil knak,
En dan natuurlik – die gevoel wat die teiken kry dat hy sweef –

Nog ‘n suksesvolle dosis van die magtige Verliefdheid –
Dodelik, Gevaarlik, Verslawend.

Yolande van Coller




4 Kommentare

  • Anze

    So kostelik en raak beskryf jy die oomblik wat daardie pyltjie tref!!!

  • Eduard Smith

    Yolande, ek dink die vers is ´ougat´ siende dat ek nog nooit voorheen ´n lofdig oor hierdie karakter gelees het nie. Ek vind die vers nie woordekonomies nie. Kyk na die voorbeeld van hoe jou eerste strofe baie funksioneel verander kan word sonder dat jy enige van die essensie daarvan verloor. Die gedig het baie potensiaal. Die snaar span styf om die boog; trillend, reguit en blitsig sing die pyltjie los Dit is wel net my mening en jy hoef geensins jou werk aan te pas nie. Indien jy wil hê dat ek jou help om verder aan die gedig te skaaf, gooi gerus ´n boodskappie in my inboks. Groete Eduard

  • Koekekranka

    Daar was 'n tyd toe die Cupido-knapie my symste hartkloppings gegee het, maag laat holkol het, kniegies verlam het, my laat swymel het, maar dit was so lank-laank-laaaank gelede dat al wat van sy pylwond oorgebly het 'n pynwond is... Oulik gedig my kind!

  • Kiekies

    Applous vir jou!!

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed