Jongste aktiwiteit:

AANDAG ALLE INK LEDE – PRESTIGE GALA AAND

Hiermee wil die INK span u dan in kennis stel dat ons be-oog om ‘n Prestige gala-aand aan te bied, waar daar toekennings vir elke kategorie toegeken sal word, op 22 Oktober 2016 om 18:00 by die hAp huis, Malherbestr 115, Capitalpark. Pretoria. Dit sal ‘n formele funksie wees. Amptelike uitnodigings sal later uitgestuur word.

Toekennings gaan oorhandig word as volg:

(A) *Digter van die jaar
*Gedig van die jaar

(B) *Skrywer van die jaar
*Verhaal van die jaar

(C) *Rubriekskrywer van die jaar
*Rubriek van die jaar

(D) *Musiek en Liriek

Geliewe daarop te let dat dit nie noodwendig die wenner in die kategorie gaan wees wat die plasing van die jaar sal wen nie. Die INK moderators hou die webwerf reg deur die jaar dop vir uitsonderlike plasings in elke afdeling afsonderlik wat in aanmerking sal kom.

Daar sal so 6 weke voor die gala aand nominasies gemaak word vir moontlike wenners in elke kategorie, wat deur die INK paneel gekies word op grond van die jaar se plasings en dan aan onafhanklike partye voorgelê sal word vir finale beoordeling.

Aangesien Ink nog in sy babaskoene staan is ons ongelukkig genoodsaak om u te vra om ‘n gedeelte van die onkoste te dra. Hopelik is Ink volgende jaar reeds sterker en sal dalk dan al die kostes self kan dra. Kostes verbonde sal voorlopig n bedrag van R150 pp wees wat lewendige vermaak, vonkelwyn, versnapperinge en ‘n ete insluit.

Ons benodig asb baie dringend getalle en ‘n aanduiding wie graag die gala aand wil en kan bywoon (gaste is ook welkom), sodat ons die finale reelings kan begin tref.

RSVP asb voor einde Julie 2016 by skryfafrikaans@ink.org.za

Inkgroete
Die Ink span

 

NS

Julle kan ook in die kommentaar ‘n aanduiding gee van wie die funksie gaan bywoon

 




Woorde is my asem en skryf my passie!!! Ek waardeer elke stukkie kritiek, verkieslik positief, maar kan die negatiewe ook hanteer. Dankie dat jy die tyd neem om na my werke te kyk en dit te beoordeel. Ek is n Boeremeisie in murg en been... mal oor die wye natuur van plaaslewe wat my omring Ek is getroud met die wonderlikste man (Willie). Ons is geseend met 3 pragtige dogters en 'n kleinseun en 3 kleindogters. My verhouding tot my Skepper loop baie diep en ek dank Hom elke dag vir al die voorregte en genade gawes wat ek so onverdiend ontvang... Loutering is deel van my lewe en ook daarvoor dank ek Hom daagliks want dit maak dat daar altyd groei in my lewe is...

2 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed