Jongste aktiwiteit:

GOD SE TUINIER

So ry mens deur die strate en die mooiste tuine is ‘n lushof vir die oog. Bome en struike wat gesnoei is , blomme kleur die prentjie pragtig in terwyl sement standbeelde nes Lot se vrou staan op die plek rus. Die gras is netjies gesny en groen terwyl die besproeing ‘n mistige sproei reëntjie op alles laat neerdaal wat die prentjie afrond met ‘n reënboog wat nie grond vat nie.
November die elfde maand wat alles groen inkleur .

In stilte wonder ek hoe lyk mense se harte die tyd van die Jaar ?
Tuine kos geld, plante is duur en om dit instand te hou kos arbeiders wat jy ‘n loon moet betaal.
Lyk jou hart soos ‘n oase waar waters is waar rus en vrede is of is hy hard van hoogmoed, ‘n ego en vinnige neerhalende gesprekke ?

Hoe lyk jou hart as God vandag in hom kyk om te sien wat jou gesindheid sou wees ?
Jy weet daai manier hoe jy ander mense om jou behandel.

Die venster wat jy vinnig opdraai vir die bedelaar wat by die robot staan en nou sal die dekselse ding nou oorgaan na rooi net toe jy in al jou haas wou oorskiet om die man te vermy.
Die kind wat nader staan toe jy uiteindelik voor die winkelsentrum stop en hy verleë , maar tog trots sy geloof, hoop en liefde skepping uit staal vir jou wys. Jou afjak wat hom inmekaar laat krimp terwyl hy moedeloos daar by jou motor op die randsteen gaan sit.

Daar is baie sulke situasies en julle sal dalk sê dat jy nie elkeen se ou gemaakte goedjies kan koop nie, hoe sal jou mooi tuin en huis dan nou lyk met die goed wat uit skrootmetaal gemaak is ?

Dit sal nie pas by die indruk wat jou vriende van jou het nie en netnou laat dit die waarde van jou huis val.
Dis nou nie jou klas mens waarmee jy gesien wil word nie, hulle moet darem weet wie en wat jy is en dat dit ‘n vernedering is.

Dis presies hoeveel mense daarbuite se gesindheid maar is en  daar vergeet die ou mensdom een belangrike ding.

Jy kan niks vir God wegsteek nie. Hy is al een wat in jou hart kan sien. Vir Hom kan ons nie leuens vertel nie. Hy het reeds jou gedagtes geken voor jy opgetree het.
Ons vergeet ook dat elkeen wat iets maak om te verkoop dit in hul vermoë doen. Hy bedel nie, hy probeer met geringe fondse indien enige, iets doen om homself te probeer help.

Kom ons plant blomme in ons harte en terwyl ons die situasies hanteer wat oor ons pad kom deel van daardie blomsaad uit sodat ander dit ook in hul harte kan plant.
Neem die saad wat ander vir jou gee en plant dit in jou tuin.

Kom ons deel saad van geloof uit want ‘n gelowige glo wat jy saai sal jy maai.
Gee blomsaad van hoop want ons kan elke dag aan onsself werk en deur jou optrede skep jy hoop dat daar nog mense is eie se harte mooi is.
Die liefde word toegedraai in ‘n glimlag want sonder liefde is ons niks. Sonder liefde is jy leeg van binne en beteken wat jy doen niks. Die liefde is die grootste gebod. Om God bo alles lief te hê en daarna ons naaste soos onsself.
Alles wat ons uit liefde doen kan nooit verkeerd wees nie.

Wees God se tuinier en plant blomme van liefde deur jou lewensreis in jou naaste se hart dat jy ‘n tuin van naastediens kan agter los eendag en dit is die mooiste nagedagtenis wat ons ooit kan hê in plaas van geld en hoogmoed.




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed