Jongste aktiwiteit:

RESENSIE: Die rolprent, Altyd in my Drome

RESENSIE: Die rolprent, Altyd in my Drome

Sulke ou-modiese goeters: Swart/wit, 4-by-3-formaat. En dan nog Nico Carstens met sy ou boeremusiek op die pensklavier. En Al Debbo eers! Agge nee, net nie dit nie! Daaruit kan niks word nie.

Verkeerd! Verkeerd! Vals! Gaan klim op ‘n ander trem!

]:o(٤_(o;╞

Uit die oude doos, ja. Nee liewer uit ‘n skatkis! Een of ander tyd, êrens het ek by ‘n videoteek ‘n halfdosyn ou DVD’s gekry. Goedkoop eksemplare wat al soveel kere uitgeleen is dat hulle nie meer waarborg op kan hê nie.” Ou Jamie-Uys- en Al-Debbo-films uit die tyd toe die prente leer loop (en praat) het”. (En sing.)

Vandag het ek my ou nostalgie-skatkis weer oopgemaak. En wat lê daar bo-op en lag my so skeef aan? Al Debbo en Frikkie Burgers natuurlik. Dis die een waar Al en Frikkie (ja, hulle het ander name in die stuk, maar vir ons was dit altyd Al en Frikkie). Nouja, waar Al en Frikkie ‘n tweebedkamer deel. Frikkie is komponis maar het tydelik opgedroog en kry geen twee note op ‘n blad saam nie. Al is verlief op ‘n meisie wat by die probe vlugtig verbygekom het – en hy sing en hy sing en hy sing eie komposies as hy slaap. Frikkie is so slim en neem dit alles op sy draadrekorder op.

Pierre de Wet (het ook ‘n ander naam in die film) kom toe en sê, Met soveel nuwe liedjies kan ons ‘n eie Afrikaanse musiekfilm maak. Ons noem hom ,Altyd in my Drome’. . .” En ‘n mooi fliek het dit toe geword. Hendrik Susan en sy orkes – daar’s die jong Nico Carsten met sy flink vingers en akkordeon en hierdie beeldskone jong vrou wat ‘n werklik hemelse stem het. (Die aankondigings het ongelukkig te gou vir my verbygeflits.)

Ek vermoed dat die film digitaal hernu is want die klanke en die beelde is suiwer.

Moet sien! Drie tot vier.

28e.Januarie2019___ ҇◄]:o) **** ٤)o;╞____________tje




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • Anze het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • MC Horak het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • MC Horak het ‘n nuwe publikasie gemaak